SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Politiek
VBS betaal glo 2 van ANC se topses in Limpopo

Twee van die ANC se topses-leiers in Limpopo word geïmpliseer in die verdoemende forensiese verslag oor VBS Mutual Bank, waar byna R2 miljard glo gesteel is.

Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, sê Florence Radzilani, ondervoorsitter van die ANC in Limpopo, en Danny Msiza, tesourier van die ANC in Limpopo, moet onmiddellik geskors word.

Radzilani is die burgemeester van die Vhembe-distriksmunisipaliteit, wat R311 miljoen van sy geld by VBS belê het.

Smalle sê luidens die forensiese verslag het VBS Radzilani glo R300 000 betaal om haar “te bedank” dat sy die munisipaliteit se geld by die bank belê het.

“Die R300 000 was glo nie vir haar genoeg nie en sy het vir ’n groter Kersgeskenk gevra.”

Die R300 000 was glo nie vir haar genoeg nie en sy het vir ’n groter Kersgeskenk gevra.

Msiza is glo een van die sogenaamde “kommissie-agente” wat geld van VBS gekry het omdat hy munisipaliteite gewerf het om by VBS te belê.

Soviet Lekganyane, sekretaris-generaal van die ANC in Limpopo, sê die verslag oor die forensiese oudit het pas verskyn en dit is nog te gou om te sê of en hoe daar teen amptenare opgetree sal word.

“Ons kyk na die bevindinge en aanbevelings.”

Agt van die 15 munisipaliteite wat geld by VBS belê het, is in Limpopo, vier is in Noordwes, twee in Gauteng en een in Mpumalanga.

Die DA het in Augustus al geëis dat die burgemeesters van munisipaliteite wat geld by VBS belê het, afgedank moet word.

“Dit is onaanvaarbaar dat die armstes van die armes wie se geld by VBS belê is, dit verloor, terwyl die burgemeesters steeds in weelde leef,” het Kevin Mileham, nasionale DA-woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, destyds gesê.

Stan Mathabatha, premier van Limpopo en leier van die ANC in die provinsie, het toe gesê Mileham se uitlating is “roekeloos en vroegtydig”.

Die provinsiale tesourie in Limpopo is besig met ’n afsonderlike forensiese ondersoek na die munisipaliteite in die provinsie wat geld by VBS belê het.

Die 15 munisipaliteite is:

Limpopo:

Vhembe-distriksmunisipaliteit in Thohoyandou.

Fetakgomo Tubatse-munisipaliteit in Burgersfort.

Groter Giyani-munisipaliteit in Giyani.

Lepelle Nkumpi-munisipaliteit in Lebowakgomo.

Collins Chabane-munisipaliteit in Malamulele.

Elias Motsoaledi-munisipaliteit in Groblersdal.

Ephraim Mogale-munisipaliteit in Marble Hall.

Makhado-munisipaliteit in Louis Trichardt.

Mpumalanga:

Dr. J.S. Moroka-munisipaliteit in Siyabuswa

Noordwes:

Dr. Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit in Vryburg.

Mahikeng-munisipaliteit in Mahikeng.

Moretele-munisipaliteit in Makapanstad.

Madibeng-munisipaliteit in Brits.

Gauteng:

Merafong-munisipaliteit in Carletonville.

Wes-Rand-Distriksmunisipaliteit in Randfontein.

KASSIE:

Dié 15 munisipaliteite is:

Limpopo:

Vhembe-distriksmunisipaliteit in Thohoyandou.

Fetakgomo Tubatse-munisipaliteit in Burgersfort.

Groter Giyani-munisipaliteit in Giyani.

Lepelle Nkumpi-munisipaliteit in Lebowakgomo.

Collins Chabane-munisipaliteit in Malamulele.

Elias Motsoaledi-munisipaliteit in Groblersdal.

Ephraim Mogale-munisipaliteit in Marble Hall.

Makhado-munisipaliteit in Louis Trichardt.

Mpumalanga:

Dr. J.S. Moroka-munisipaliteit in Siyabuswa

Noordwes:

Dr. Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit in Vryburg.

Mahikeng-munisipaliteit in Mahikeng.

Moretele-munisipaliteit in Makapanstad.

Madibeng-munisipaliteit in Brits.

Gauteng:

Merafong-munisipaliteit in Carletonville.

Wes-Rand-Distriksmunisipaliteit in Randfontein.

Meer oor:  Vbs Mutual Bank  |  Danny Msiza  |  Florence Radzilani  |  Vbs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.