Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
VBS-diewe mag nie wegkom – VF Plus

Die belegging van munisipale geld in die VBS-bank en die diefstal van dié geld is een van die ergste gevalle van georganiseerde misdaad in die land se geskiedenis, sê Michal Groenewald, ’n VF Plus-parlementslid en die party se woordvoerder oor samewerkende regering.

Hy sê net daadwerklike optrede en swaar strawwe sal ’n duidelike boodskap uitstuur dat geen vorm van misdaad geduld sal word nie, ongeag of dit gepleeg is deur ANC-kaders of nie.

Die VF Plus sal daarop aandring dat diegene wat betrokke was by die belê van munisipale gelde in die VBS-bank vervolg word en persoonlik verantwoordelik gehou word vir die geld wat só verloor is.

Die ouditeur-generaal (OG) het bevind dat R1,6 miljard wat die munisipaliteite in die bank belê het, waarskynlik nie verhaal sal word nie.

Groenewald sê die ANC se patronaatskap mag nie ’n paspoort wees om straffeloos by ernstige wandade betrokke te wees nie.

Hy sê wat by VBS gebeur het, is ’n goeie en duidelike bewys dat korrupsie en bedrog ’n direkte impak het op veral die armste van armes, aangesien die R1,6 miljard aangewend moes word om dienste aan alle gemeenskappe te lewer.

Hy sê dit het nie gebeur nie en daar is wyd gerapporteer oor hoe die geld in die sakke van onder andere sekere politici beland het.

’n Skatryk groepie kaders is bevoordeel ten koste van die armes.

Die regering moet wys hy is ernstig oor sy bestryding van misdaad en korrupsie deur nie net op te tree teen die skuldiges in die VBS-skandaal nie, maar alle korrupsie en bedrog, ongeag hoe gering, uit te wis deur werklike vervolging en optrede.

Volgens die OG was die grootste deel van die VBS-geld afkomstig van ’n georganiseerde skema waar geld onwettig deur munisipaliteite by VBS “belê” is.

Die res van die beleggings is verkry by arm, weerlose mense.

Groenewald sê die impak op die betrokke munisipaliteite en hul gemeenskappe is enorm. Die verliese raak nie net geld wat vir infrastruktuurprojekte geoormerk was nie, maar ook geld wat vir basiese dienste en lopende uitgawes aangewend moes word.

Meer oor:  Vbs  |  Vf Plus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.