Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
VBS-verliese: Skuldiges sal die gevolge dra – Makhura
David Makhura
David Makhura, premier van Gauteng. Foto: Mary-Ann Palmer

Daar sal gevolge wees vir die amptenare wat verantwoordelik is vir die geld wat twee Gautengse munisipaliteite by VBS Bank verloor het.

David Makhura, Gautengse premier, het Maandag in sy openingstoespraak op die provinsie se munisipale beraad gesê daar sal opgetree word teen die amptenare wat verantwoordelik was vir die R661 miljoen wat die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit en die R50 miljoen wat die Merafong-munisipaliteit by VBS verloor het.

Hy sê die provinsiale regering het ’n forensiese ondersoek na die kwessie gedoen en die amptenare wat hierby betrek word, gewaarsku oor die gevolge.

“Ons wil staatsinstellings skoonmaak. As ons wil seker maak dat elke sent gebruik word om mense se lewe te verbeter, moet ons die sweep klap. As ons in beheer is, kan ons nie toelaat dat enigiemand die beeld van ons organisasie skade berokken nie,” sê Makhura.

Op die beraad word die middeltermyn-evalueringsverslag van munisipaliteite vir die tydperk 2016 tot 2018-’19 bespreek.

Daar sal ook gekyk word na die 2017-’18-ouditverslag wat die ouditeur-generaal (OG) in Junie uitgereik het.

Makhura het in sy toespraak ook verwys na die feit dat die ANC Gauteng met ’n haarbreedte behou het in vanjaar se algemene verkiesing toe hy net 50,1% van die stemme gekry het. Hy het ’n beroep op ANC-leiers gedoen om nie mense se vertroue in die party te misbruik nie.

“Ons kan nie korrupsie en wanbestuur duld nie.”

Hy het ook die prestasie van ANC-beheerde munisipaliteite in Gauteng betreur. Volgens die OG het net 18 munisipaliteite landwyd in die 2017-’18-boekjaar skoon oudits ontvang. Hiervan is 12 in die Wes-Kaap en die enigste munisipaliteit in Gauteng wat ’n skoon oudit ontvang het, was Midvaal, waar die DA regeer.

“Daar is baie kommerwekkende dinge in die OG se verslag. Mense volg nie verkrygingsprosedures nie,” sê hy.

Meer oor:  Vbs Bank  |  David Makhura  |  Gauteng  |  Munisipaliteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.