Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Veiligheid: ‘Boere moet vuur met vuur beveg’ – AfriForum

Boere moet hulself bewapen om hulself en hul gesinne teen misdadigers te beskerm omdat die polisie nie die vermoë het om hulle te help nie, sê Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

Ian Cameron. Foto: Nico Gous

Cameron het Woensdag op ’n mediakonferensie van AfriForum en die familieboerdery-organisasie Saai in Centurion gepraat waar dié organisasies hul statistieke oor plaasmoorde en -aanvalle vir 2019 bekend gemaak het.

Hiervolgens het plaasaanvalle van 443 gevalle in 2018 tot 552 in 2019 toegeneem, en plaasmoorde van 54 tot 57.

Cameron sê boere moet hulself kan verdedig en kan nie op die regering en die polisie staatmaak om hulle hiermee te help nie. Hy sê boere moet hulself onder meer met vuurwapens bewapen om hulle en hul gesin se veiligheid te verseker.

“Ons moet vuur met vuur beveg. Soms moet ’n mens ’n lewe neem om ’n ander lewe te red. As ’n boer se vrou en kinders se veiligheid in gedrang is, moet hy kan optree,” sê Cameron.

Hy het bygevoeg boere moet opleiding ontvang en verantwoordelik wees wanneer vuurwapens gehanteer word.

Cameron het verwys na Bheki Cele, minister van polisie, wat ’n amnestie-tydperk vir die inhandiging van vuurwapens aangekondig het. Die amnestie-tydperk duur volgens ’n kennisgewing in die Staatskoerant nog tot 31 Mei vanjaar.

Cameron sê die amnestie kan veroorsaak dat wetsgehoorsame burgers wat hul vuurwapens inhandig, weerloos is teen misdadigers wat nié hul vuurwapens oorgee nie.

* Hou Netwerk24 dop vir meer inligting hieroor.

Meer oor:  Afriforum  |  Ian Cameron  |  Veiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.