Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Veiligheid by skole prioriteit, sê LP’s

Veiligheid by skole is Dinsdag deur verskeie LP’s as ’n saak geïdentifiseer wat dringende aandag vereis.

Die LP’s het in die Nasionale Vergadering aan die debat oor Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se begrotingsrede deelgeneem.

Angie MotshekgaFoto: GCIS

Die departementele begroting vir die 2019-’20 boekjaar beloop R24,5 miljard – ’n toename van 3,4% teenoor die vorige jaar.

Nomsa Marchesi, DA-LP, sê veilige skole behoort ’n voorkeursaak te wees.

Sy stel voor dat elke provinsiale departement inbelsentrums moet instel waar leerlinge, personeel en gemeenskappe dadelik geweld, boeliegedrag, bendebedrywighede en dwelmgebruik kan aanmeld. Naskoolse programme moet verder ingestel word om leerlinge besig en veilig te hou en om sosiale interaksie te bevorder.

Samewerking met die nasionale regering, insluitend die departemente van justisie, gesondheid, maatskaplike ontwikkeling, basiese onderwys en die polisie, is ook noodsaaklik.

Daar moet voorts verseker word dat elke skool in staat is om hul eiendom met heinings en veiligheidswagte te beveilig en dat die departement onderwysers oplei oor hoe om dissipline te bestuur sonder om lyfstraf te gebruik.

LP’s van die EFF, IVP en Al Jama-ah het ook onder meer op die belangrikheid van veiligheid gefokus.

Motshekga het in haar toespraak 11 strategiese prioriteite geïdentifiseer wat aandag sal kry, insluitend veiligheid by skole.

Die agtste prioriteit wat sy aangekondig het, behels die samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, asook die departement van gesondheid en kuns en kultuur om veiligheid, gesondheid en maatskaplike kohesie by skole te bevorder.

Onder die ander strategiese fokusgebiede tel die verbetering van syfer- en geletterdheidsvaardighede, veral wat lees met begrip betref, die voorbereiding van skole vir die vierde nywerheidsrewolusie, die toerus van onderwysers met vaardighede en kennis, om alle skole en onderwysers binne ses jaar toegang tot die internet en gratis data te gee, die dringende toepassing van twee jaar van voorskoolse onderwys voor gr. 1 en laastens die dekolonisering van onderwys.

’n Proses is ook begin om die kurrikulum te transformeer om vakke bekend te stel wat meer op vaardighede gefokus is. Die plan is om nasionale skole van spesialisering oftewel fokus te skep.

Die ministeriële taakspan oor geskiedenis het verder begin om die hersiene kurrikulum vir geskiedenis te skryf en die raad van onderwysministers het volgens Motshekga ook oorweldigend ingestem dat Swahili stelselmatig in skole bekend gestel moet word.

Planne is voorts onderweg om puttoilette binne die drie jaar uit te wis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.