Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
'Venezuela bankrot ná onteiening', sê Mmusi

Met Venezuela as voorbeeld het die DA Vrydag vergelykings getref tussen dié land se onteieningsbeleid wat sy ekonomie bankrot gelaat het en die ANC se beleid van onteiening sonder vergoeding.

Mmusi Maimane, DA-leier, het op ’n nuuskonferensie in Johannesburg gesê die ANC se toenemende “populistiese beleid” dui aan dat die party probeer om die “onvermydelike verlies aan kiesersteun” te keer.

Saam met Maimane was Miguel Pizarro en Jose Manuel Olivares, partyleiers van Primero Justicia, die hoofopposisie in Venezuela.

Volgens die DA-leier is daar ooreenkomste tussen Zimbabwe en Venezuela se mislukte onteieningsbeleide en die ANC se beleid oor radikale ekonomiese transformasie.

“Die beleid wat nou in Suid-Afrika nagestreef word, is nie nuut nie. Dit is al elders probeer. Zimbabwe is ’n voorbeeld, so ook Venezuela. Moenie sê dat ons iets nuuts probeer nie,” het Maimane gesê.

“Ons eksperimenteer met mislukte beleide wat dieselfde uitkomste oplewer. Dit sou dom wees van die regering om te hoop dat dié beleide ’n ander uitkoms sal hê.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.