Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Veral Cele se vrou laat die koppe draai

Bheki Cele, minister van polisie, en sy vrou, Thembeka.Foto: Gallo/Brenton Geach

Kleurryke uitrustings in verskillende style is Donderdagaand op die rooi tapyt by die opening van die parlement in Kaapstad gesien.

Netwerk24 het drie modekenners gevra om hul menings te gee oor die uitrustings wat vanjaar by die staatsrede in die parlement gesien is.

Veral die vrou van Bheki Cele, die minister van polisie, Thembeka, het in haar lang rok van ’n materiaal met goue blinkers die aandag getrek.

Lena-Lisa Retief, modeontwerper, beskou haar as die bes geklede op die rooi tapyt.

“Haar rok is baie elegant, tydloos en kontemporêr. Dit pas haar soos ’n handskoen,” sê Retief.

“Ek kan sien sý dra die rok – en nie andersom nie. Sy voel gemaklik en gloei. Die kleur van die rok komplementeer haar gloeiende vel. Die rok sit ongelooflik mooi aan haar en die soom is perfek gesny.”

Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep, het oudergewoonte ’n interessante hoed opgehad. Sy het ’n oranje-en-swart uitrusting aangehad, wat met Afrika-kralewerk afgerond is.

Simon Rademan, modeontwerper, is veral beïndruk deur haar en sê sy lyk klassiek en deftig.

“Haar kultuurdrag vat dit ’n stappie effens meer formeel. Die staatsrede moet gerespekteer word en sy wys een manier om dit te doen is wat jy dra en hoe jy dit dra. Kruis-kultuur is waarheen ons in Suid-Afrika op pad is,” sê Rademan.

“Ek moet eerlik sê, Pemmy laat my met nuwe oë na kultuurdrag kyk. Fanfare met waardigheid. Perfekte proporsies, baie simboliek, moeilike figuur, vleiend geklee.”

Mandla Mandela, kleinseun van Nelson Mandela, en sy vrou, Rabia, meng soos voorheen etniese patrone met hul eie sjiek styl.

Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep, is bekend vir haar interessante hoede. Foto: Marelize Barnard

Diaan Daniels, modeontwerper, gee dié paartjie tien uit tien en beskryf hulle as ’n “kragpaartjie”.

“Dít is hoe dit gedoen word,” sê hy.

Patricia de Lille, leier van die Good-party, het ’n helder bont broekpak van pers, geel en rooi aangehad.

Al drie modeontwerpers is dit egter eens dat die donkerblou bloes nie daarby pas nie.

Retief sou ’n ander bloes voorstel en Daniels sê hy sou daarvan gehou het as dit ook ’n helder kleur was.

“Ek wens regtig sy wou net ’n ou blink dingetjie iewers gedra het – oorbelletjies of ’n diamantjie om die nek,” sê Rademan.

John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, se vrou, Terry, het in ’n losserige donkerblou rok opgedaag.

Volgens Daniels is dit baie eenvoudig en klassiek.

“Ek sou net meer ondersteuning by die borsgedeelte wou sien,” sê hy.

Pinky Kekana, adjunk-minister van kommunikasie, het in sagte pienk met vere om die skouerlyn op die rooi tapyt verskyn.

Ligpienk was selfs by vanjaar se Oscars groot nuus, sê Rademan.

Volgens hom sit Kekana se rok “te hoog en te styf”.

Mandla Mandela, kleinseun van Madiba, en sy vrou, Rabia, meng soos voorheen etniese patrone met hul eie sjiek styl.Foto: Gallo/Brenton Geach

“Dit sou baie meer suksesvol met ’n eenvoudige gelyk soom-lengte-romp gewees het,” sê Rademan. Hy meen die groot, wit handsak komplementeer ook nie die rok nie.

Phumzile van Damme, DA-LP, het gemaklik in ’n ontwerp deur Stephen van Eeden gelyk. “Ek ondersteun plaaslike ontwerpers en hy is geniaal,” sê sy.

“Stephan van Eeden is ongelooflik. Sy passie en kwaliteit het nie einde nie,” sê Retief.

Volgens haar pas die rok met die kontemporêre blomme Van Damme baie goed. Die uitrusting is stedelik geïnspireerd.

“Ek is mal oor die lengte en die skoene se hoogte-verhouding met die rok is perfek. Niemand kan ooit ’n fout maak met ’n skouerkussing nie – ’n vrou moet haar skouers beklemtoon,” sê Retief.

Babalwa Mneno, model en TV-persoonlikheid, het ’n geel tweestuk-uitrusting van Scarlet Designer gedra.

Daniels hou van die kleur en die frille aan die bostuk, maar hy sou die romp eenvoudig gehou het.

geel
Babalwa Mneno, model en TV-persoonlikheid, met ’n tweestuk-uitrusting van Scarlet Designer.Foto: Marelize Barnard

de lille
Patricia de Lille, leier van die Good-party, en Brett Herron, sekretaris-generaal van die Good-party. Foto: Marelize Barnard

John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, en sy vrou, Terry, albei in donkerblou. Foto: Gallo/Ziyaad Douglas
Pinky Kekana, adjunk-minister van kommunikasie, in sagte pienk met vere om die skouerlyn.Foto: Jaco Marais
Phumzile van Damme, DA-LP, in haar ontwerp deur Stephen van Eeden. Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Staatsrede2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.