Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Verenig SA deur ware patriotisme’
Dr. Theuns Eloff
Dr. Pieter Mulder
Zizi Kodwa

Versoening en verdraagsaamheid is twee van die belangrikste meganismes om die ANC se strewe teë te werk om die Suid-Afrikaanse samelewing met sy ideologiese transformasie te rasionaliseer.

As Suid-Afrikaners mekaar re­spekteer en versoenend saamleef, sal hulle mekaar nie net as swart, wit of bruin sien nie, maar as mede-Suid-Afrikaners, verenig deur ware patriotisme oor die land en Grondwet, sê dr. Theuns Eloff, voorsitter van die FW de Klerk-stigting.

Om dit te kan bereik moet in gedagte gehou word dat versoening ’n proses is en nie ’n geleentheid of reeks geleenthede nie, het hy in die stigting se Versoeningsdag-boodskap gesê.

Dit sal ook net moontlik wees as mense mekaar se bestaansreg erken en as ’n rasmeerderheid nie elke sfeer van die samelewing probeer beheer en van die veronderstelling uitgaan dat minderhede afstand moet doen van hul kulturele, taal- en godsdiensregte nie.

Hy het onder meer verwys na die gebeure by die Universiteit Stellenbosch.

Eloff sê in ’n land soos Suid-Afrika, met sy verdeelde verlede en uiteenlopende hede, moet versoening en verdraagsaamheid deurlopend ’n prioriteit bly.

Dr. Pieter Mulder, VF+-leier, het Woensdag in sy Versoeningsdag-boodskap in die Vrystaat gesê gedwonge versoening en nasiebou het nêrens ter wêreld gewerk nie.

Hy het sy kommer uitgespreek oor die wyse waarop veral die Afrikaner se geskiedenis tans oorwegend negatief en eensydig aangebied word.

Hy het spesifiek verwys na die veldtogte om Afrikanerstandbeelde soos dié van Paul Kruger en Louis Botha te verwyder.

“Suid-Afrika is ’n ekonomiese reus in Afrika. Suid-Afrika het in 1994 die beste infrastruktuur in Afrika gehad.

“Afrikaners het oor eeue heen ’n belangrike rol gespeel om dit moontlik te maak.

“Ek vra vir ’n gebalanseerde aanbieding van die Afrikaner se geskiedenis en van sy rol in Suid-Afrika.

“Natuurlik het ons in die verlede foute gemaak, maar ons het ook ’n baie groot bydrae tot die ekonomiese krag en sukses van hierdie land gelewer – ’n bydrae wat erken moet word en waarop ons trots kan wees.

“So staan Versoeningsdag en die jaarlikse herdenking van die 1838-gelofte byvoorbeeld nie teenoor mekaar nie. Dit is ’n fout om Afrikaners te probeer dwing om tussen die twee te kies, want albei is moontlik,” het Mulder gesê.

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, het Woensdag namens die regerende party gesê Versoeningsdag beklee ’n spesiale plek in die volk se strewe na versoening en nasionale eenheid.

Meer oor:  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.