Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Vergadering verhoed ná dorpsleier se skorsing

Teen Donderdagmiddag laat het ’n beplande raadsvergadering van die Phokwane-munisipaliteit in Hartswater in die Noord-Kaap steeds nie begin nie weens vrese vir raadslede se veiligheid en skade aan die burgersentrum.

Dit spruit glo uit ontevredenheid van werkers oor die skorsing van die munisipale bestuurder nadat sy haar eie salaris met meer as R100 000 per jaar verhoog het.

Mense staan buite die burgersentrum in Hartswater in afwagting van die raadsvergadering.

Raadslede het teen 17:00 steeds voor die geslote deure van die raadsaal gestaan nadat die vergadering nie om 14:00 kon begin nie.

Dit volg op die skorsing verlede week van adv. Tsidi Mogale, munisipale bestuurder, omdat sy na bewering in Augustus vanjaar die betaalmeester, Charles Domingo, opdrag gegee het om haar vergoedingspakket van die middelste kerf na die boonste kerf te verhoog.

Haar salarispakket was R1 053 519 per jaar, maar ná die verhoging was dit op die boonste kerf van R1 169 406 per jaar.

Mogale het ook opdrag gegee dat dié verhoging terugwerkend tot Julie 2017 moet plaasvind.

Betogings het op haar skorsing deur die raad op 30 September gevolg.

Stan Rudman, DA-raadslid, sê hy het daarna ’n skrywe aan Sentle Maria Kalman, burgemeester, gerig om ’n raadsvergadering te hou, sodat ’n waarnemende burgemeester aangewys kan word.

Kalman het die speaker versoek om die vergadering vir Donderdag te belê.

“Nou blyk dit dat ’n klein groepie munisipale werkers teen haar skorsing gekant is. Miskien het sy hulle goeie salarispakkette aangebied, maar daar is ook sprake van ANC-faksiegevegte.

“Die werkers het raadslede uit die gebou gesluit sodat ons nie die vergadering kan hou nie.

Die polisie wou die raad oortuig om die vergadering uit te stel. Hulle vrees geweld en skade aan die munisipale geboue.

“Die gemeenskap betoog ook buite die gebou en eis dat die raad ’n waarnemende munisipale bestuurder aanwys. Die twee groepe was die hele middag haaks.

“Ons staan al etlike ure hier. Die opposisie en die meeste van die ANC-raadslede wil die vergadering hou.

“Daar was op 30 September net een ANC-raadslid wat buite stemming gebly het toe die munisipale bestuurder geskors is.

“Die burgemeester staan sterk teen die druk, waaroor ek dankbaar is.

“Die polisie wou die raad oortuig om die vergadering uit te stel. Hulle vrees geweld en skade aan die munisipale geboue.”

As die raad toegee, sal dit vir die werkers ’n oorwinning wees. “Die stert kan nie die hond swaai nie.”

Shadrack Tlhaole, provinsiale voorsitter van die EFF, het Woensdag beweer die raadsvergadering word moontlik verhoed omdat twee ANC-faksies haaks oor tenders is.

“Dit kom voor asof die ANC tot nou baat gevind het by tenders, maar met die skorsing van die munisipale bestuurder het die kraantjie opgedroog.

“Die burgemeester verkeer onder groot druk om die munisipale bestuurder se skorsing om te keer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.