Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Vergeet van referendum oor W-Kaap se afstigting’ – Winde

Om ’n referendum te hou oor of die Wes-Kaap van die res van die land moet afstig of nie, is nié ’n opsie nie.

Só het Alan Winde, Wes-Kaapse premier, Donderdag by navraag gesê nadat al meer mense hulle deesdae aansluit by groepe op sosiale media, soos CapeXit, om ’n referendum oor die Wes-Kaap se onafhanklikheid te eis.

Alan Winde, Wes-Kaapse premier. Foto: Jaco Marais

“Deur ’n referendum te hou om die Wes-Kaap ’n onafhanklike staat te maak, sal nie net die grense van ons geskiedenis laat herleef nie, dit sal ook ’n ons-teen-hulle-situasie skep en ons kan nie langer ons mede-Suid-Afrikaners se omstandighede ignoreer nie,” sê Winde.

“Eerder as om onafhanklikheid te soek, is my doel om kennis en ervaring te deel met ons kollegas in ander provinsies sodat ons almal sterker kan word. Ek is ook gretig om die voorbeeld in die Wes-Kaap te stel wat ons mede-Suid-Afrikaners kan inspireer om ’n regering te kies wat dienste lewer en om ’n land te skep waar almal ’n lewe met waarde kan hê,” sê Winde.

Pierre de Vos, ’n grondwetkenner, skryf op sy blog, Constitutionally Speaking, dat slegs die nasionale uitvoerende komitee en die parlement ’n afstigting kan bewerkstellig deur die Grondwet te wysig.

“Selfs as die premier van die Wes-Kaap ’n referendum uitvaardig (hy sal nie) en selfs as die meeste kiesers daarvoor stem om af te stig (hulle sal ook nie), sal die referendum steeds absoluut geen impak hê nie omdat die president en sy party nie wetlik verplig sal wees om aan die uitslag daarvan gehoor te gee nie,” skryf De Vos.

Die politieke ontleder dr. Piet Croucamp sê die plan vir ’n onafhanklike Wes-Kaap is belaglik en glad nie haalbaar nie.

Volgens hom wil diegene wat daarby betrokke is, die Wes-Kaap laat afstig onder die dekmantel van goeie regering terwyl hulle eintlik ’n “nuwe Orania” wil skep.

Des Palm, ’n leier van CapeXit, wat meer as 100 000 lede op Facebook het, sê egter sy organisasie is baie duidelik daaroor dat ras niks met die kwessie uit te waai het nie, en dat dit oor “ekonomiese oorlewing” gaan.

Dis hoofsaaklik randfigure wat iets drasties soos afstigting ondersteun.

Volgens Palm het hy verwag dat Winde nie vir ’n referendum te vinde sou wees nie, en daarom sal hulle nou na “internasionale opsies” kyk.

Die politieke ontleder dr. Ralph Mathekga sê wanneer die nasionale politiek begin verval, begin mense dikwels hul hoop op plaaslike en provinsiale politiek plaas.

“Dis hoofsaaklik randfigure wat iets drasties soos afstigting ondersteun. Tog dink ek die kwessie wat in die volgende paar jaar sterk na vore sal kom, is die kwessie oor federalisme waarvolgens provinsies meer beheer het. Dis iets waaroor nog debat gevoer moet word,” meen hy.

Meer oor:  Alan Winde  |  Wes-Kaap  |  Afstigting  |  Referendum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.