Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Vergeet van tenders, kom met blink sake-idees’

Die Suid-Afrikaanse jeug moet die meeste maak van die regering se program om meer swart nyweraars op te lewer.

Hulle moet met blink sake-idees vorendag kom, pleks daarvan om tenders en aandeelhouding in bestaande maatskappye na te jaag, sê Malusi Gigaba, minister van finansies.

Malusi Gigaba, minister van finansies.

Gigaba het op ’n sakebyeenkoms op die ANC se 106de verjaardagvieringe in Oos-Londen aan die SAUK gesê die land het meer innoveerders en entrepreneurs nodig.

Volgens Statistieke Suid-Afrika se jongste statistieke is werkloosheid onder die jeug 38,6%.

Die regering het sy program om meer swart nyweraars te ontwikkel en te help twee jaar gelede begin.

Die program word deur die departement van handel en nywerheid bestuur.

Die doel is om die ekonomie meer inklusief te maak deur meer swart nyweraars op te lewer.

Die departement het R1,5 miljard opsy gesit om die groei en ontwikkeling van klein besighede te ondersteun.

Die regering probeer sy bes om die hindernisse uit die weg te ruim wat die jeug van werksgeleenthede weerhou, sê Gigaba.

Dit het tyd geword dat die jeug as ’n groep begin saamstaan en die sektore identifiseer waarby hulle betrokke wil raak.

Die jeug het volgens Gigaba ’n beter kans om met langtermyn-idees vorendag te kom as ouer mense wat na aan aftrede is. – Fin24

Meer oor:  Malusi ­Gigaba  |  Oos-Londen  |  Ekonomie  |  Tenders  |  Sake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.