Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Verkiesing 2019: Hier is die ANC se nasionale lys

Hier is die ANC se finale nasionale lys vir die algemene verkiesing op 8 Mei.

ANC-lys, verkiesing 2019
Die ANC se nasionale lys.

Intussen het News24 berig dat adj.pres. David Mabuza ANC-kaders wat nie die ANC se finale nasionale en provinsiale lyste gehaal het nie, nie bekommerd moet wees nie.

Hy het hulle gister gerusgestel dat hulle na ander instellings ontplooi sal word.

Mabuza, ook adjunkpresident van die ANC, was in Benoni aan die Oos-Rand as deel van die party se verkiesingsveldtog.

Adj.pres. David Mabuza

Hy sê die kandidatelyste kon nie almal “en elke belang” huisves nie.

Die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) “sal in staat wees om na ander opsies te kyk sodat ons elke belangrike punt in elke belangrike instelling beset”, sê hy.

Die party is nie beperk tot wetgewers nie en die omvang van ontplooiing “is wyd”, sê hy.

Die ANC het Woensdag sy finale lyste van kandidate om hom in die Nasionale Vergadering en die provinsiale wetgewers te verteenwoordig by die Verkiesingskommissie (OVK) ingedien. Die spertyd was gister 17:00.

Lede wat betrek word by bewerings van staatskaping en korrupsie het die lys ook gehaal.

Onder hulle is Bathabile Dlamini, Malusi Gigaba, Mosebenzi Zwane en Nomvula Mokonyane.

Mokonyane is selfs een van die eerste tien op die lys vir die Nasionale Vergadering.

Op ’n vraag of die lys nie openbare opvattings oor die ANC sal skaad nie, sê Mabuza die party “lewe nie van persepsies nie”.

“Laat ons die proses toelaat om plaas te vind. Andersins loop ons die risiko dat die publiek mense sal oordeel . . . ons sal nie bewerings oor ’n individu maak nie. Ons moet ’n si­tuasie vermy waar ons individue oordeel.”

Mokonyane is betrek by beweerde korrupsie in getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping en die konstitusionele hof het bevind dat Gigaba onder eed gelieg het.

In September verlede jaar het die konstitusionele hof eenparig bevind dat Dlamini inligting oor maatskaplike toelae van die hof weerhou het en het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) opdrag gegee om te bepaal of sy weens meineed vervolg moet word.

Zwane het Standard Bank in sy termyn as minister van minerale bronne na bewering gedreig oor sy banklisensie. Dit het in getuienis voor die Zondo-kommissie aan die lig gekom.

Meer oor:  Adj.Pres. David Mabuza  |  Verkiesingsveldtog  |  Anc  |  Poste  |  Politiek  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.