Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Verkiesing is soos referendum oor SA se toekoms – Rasool

Suid-Afrika het vanjaar nie net ’n verkiesing tussen partye en kandidate nie, maar ’n referendum oor wat gedoen moet word om van die afgelope dekade te herstel en wie die land kan genees.

Ebrahim Rasool, ANC-verkiesingsleier in die Wes-Kaap. Foto: Malherbe Nienaber

Ebrahim Rasool, ANC-verkiesingsleier in die Wes-Kaap, het Woensdag aan die Kaapstadse Persklub gesê die 2019-verkiesing handel oor die “fundamentele kwessie” of die land kan aanbeweeg van die afgelope dekade en vorentoe beweeg.

“Dié verkiesing gaan nie net oor die keuse van party nie, maar ons moet vra wat gaan ons doen met die legitieme woede van die laaste tien jaar. Waarheen neem ons dit?”

Rasool, ’n voormalige premier en ambassadeur, sê die 2016-verkiesing in die VSA bied ’n blik op Suid-Afrika se verkiesing, omdat dit eintlik ’n “referendum is oor waarheen jy die land wil neem”.

“Jy mag dalk nie saamstem met of hou van die kandidate nie, maar jou keuse moet wees soos met ’n referendum.”

Volgens Rasool is klagtes oor dienslewering net die simptome wat met ’n gewone verkiesing beantwoord word.

“Maar, die vraag is eintlik veel meer fundamenteel: of ’n sterk regering wat nie hoef terug te kyk na ander faksies en partye nie, beter is as ’n swak regering wat altyd na ekstremiste moet luister wat aan die kantlyn geraas maak.”

Dit is ’n belangrike keuse by die stemhokkie, omdat ander partye “begin meeding vir populistiese ore, met versteekte boodskappe van etnisiteit, xenofobie en rassisme”.

“Iemand kan sê ons moet die nasionale soewereiniteit beskerm, maar vir woedende ore klink dit asof ons die ander

Dit gaan oor “terugkeer na dié waardes. Nie net na waar ons was nie, maar waar ons moet wees.

moet uithou. Iemand kan sê Zuma het opgemors en, ten spyte van my eie woede oor wat hy aan die land gedoen het, hoor ek soms uit sekere oorde ‘Zuma’ as ’n plaasvervanger vir die k-woord.”

Rasool sê Suid-Afrika en die ANC het al dikwels “organisatoriese krisisse” ervaar, met politieke uitdagings en gevegte oor ideologie. Die ANC het egter tot die laaste paar jaar nog “nooit ’n morele krisis gehad, oor is ons reg of verkeerd nie”.

Hy voer aan dat pres. Cyril Ramaphosa waarskynlik die “gekwalifiseerste” is om die morele krisis reg te stel, met dié dat hy een van die “hoofargitekte van die Grondwet” is. Dit gaan oor “terugkeer na dié waardes. Nie net na waar ons was nie, maar waar ons moet wees.”

Net soos elders in die wêreld, is Suid-Afrika gewikkel in ’n “stryd van perspektiewe, tussen toenemende populisme en ekstremisme aan een kant en pragmatisme aan die ander”.

“Woede en verontwaardiging word verhoog tot die mate dat daar misgekyk word waar die oplossings eintlik lê.”

Ek het teruggekom want dit het gevoel my morele kapitaal in die VSA het afgeneem namate die afgelope dekade verloop het.

Rasool het vertel dat hy die meeste van die “verspilde nege jaar” waarna Ramaphosa verwys het in Amerika was, waar die “lewe, nalatenskap en waardes van oudpres. Nelson Mandela die diplomate herinner wie ons is”.

“Ek het teruggekom want dit het gevoel my morele kapitaal in die VSA het afgeneem namate die afgelope dekade verloop het.”

Volgens Rasool kom dit voor asof die opposisiepartye net een troefkaart in Zuma gehad het en daarsonder “inmekaarval”.

In die Wes-Kaap moet kiesers die ANC egter ’n kans gee, “om in ooreenstemming te kom met die antwoord op die nasionale referendum en dat die provinsie sy deel kan doen”.

“Wil ons die provinsie hê as slegs die geografie van opposisie of deel van die nasionale veldtog om die land te genees?”

Die magstryd in die Wes-Kaap sal waarskynlik tussen “drie tot vier partye” geveg word en Rasool sê die groot stryd is vir die DA om meer as 50% by die stembus te ontvang.

Hy hoop ook dat nuwe partye soos Good ’n “tuiste sal skep vir mense wat nog nie reg is vir die ANC nie”.

“Die stand van rasse-integrasie, etniese verdraagsaamheid en die aanvaarding van ander is dalk op sy swakste in die Wes-Kaap. Ons almal het enklaves gevind om te ontsnap en die ander te ignoreer. Wie kan ons saambring?”

Meer oor:  Ebrahim Rasool  |  Verkiesing  |  Referendum  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.