Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Stel verkiesing uit, stel Moseneke voor

Die munisipale verkiesing wat geskeduleer is om op 27 Oktober plaas te vind, moet weens die Covid-19-pandemie uitgestel word.

Dié voorstel kom van die voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke, wat namens die Verkiesingskommissie (OVK) ondersoek ingestel het om te bepaal of die verkiesing onder die huidige omstandighede vry en regverdig kan wees.

Hy het voorgestel die verkiesing moet uitgestel word tot nie later nie as einde Februarie 2022.

Mediese kenners, burgerlike organisasies, regeringsdepartemente, wetenskaplikes individue, kabinetslede en politieke partye het onder meer skriftelike en mondelingse voorleggings aan Moseneke gedoen, wat sy ondersoek in net 62 dae afgehandel het.

Hy het sy verslag van 120 bladsye Dinsdag, ’n dag vroeër as vereis, ingedien.

Die OVK moet nog ’n finale besluit neem oor of die verkiesing moet voortgaan of nie. Die kommissie sal nou eers oor die volgende paar dae Moseneke se voorstelle oorweeg, het Glen Mashinini, voorsitter van die OVK, op ’n mediakonferensie in Centurion gesê.

Moseneke het beklemtoon sy verslag is nie bindend op die OVK nie.

Hy sê kragtens die Grondwet moet ’n verkiesing binne 90 dae gehou word nadat plaaslike regerings se termyn geëindig het. Die huidige termyn eindig vroeg in Augustus.

Die Grondwet maak nie voorsiening vir die verlenging van die termyn van plaaslike regerings nie.

Indien die OVK sy aanbevelings aanvaar, moet hy die hof (waarskynlik die konstitusionele hof) nader om goedkeuring  te gee dat die verkiesing uitgestel word.

• Hou Netwerk24 dop vir meer hieroor.

Meer oor:  Ovk  |  Dikgang Moseneke  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Munisipale Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.