Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Verkiesing: Uitstel kan op grondwetlike dilemma afstuur

AfriForum het sy regspan opdrag gegee om ondersoek in te stel na die meriete van ’n aansoek van die Verkiesingskommissie (OVK) om die munisipale verkiesing uit te stel en, indien wel, regsargumente aan die hof voor te hou.

Dit kom nadat Glen Mashinini, voorsitter van die OVK, Vrydag bevestig het dat die kommissie die aanbeveling van oudadjunkhoofregter Dikgang Moseneke sal volg en in die lig van die koronaviruspandemie ’n hof met jurisdiksie sal nader om vanjaar se munisipale verkiesing, wat op 27 Oktober sou plaasvind, uit te stel.

“Hoewel regter Moseneke aanbeveel dat die verkiesing uitgestel word, maak hy geen bevinding of dit volgens die Grondwet wel moontlik is nie. Die probleem is egter of die konstitusionele hof of die verkiesingshof ’n aansoek gaan oorweeg wat eintlik grondwetlike wysiging vereis. Hierdie aansoek kan ’n groot effek op toekomstige regspleging hê,” sê Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslike regeringsake.

Dit blyk dat die Grondwet se bepalings hieroor gebiedend is en daar min – indien enige – beweegruimte vir ’n hof is om ’n uitstel van die verkiesing tot ná 1 November te sanksioneer.

Volgens Mostert is die Grondwet en die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture dit eens dat die munisipale rade se termyn nie oor langer as vyf jaar mag strek nie en dat die OVK ’n verkiesing moet hou binne 90 dae ná verstryking van die vyfjaartermyn.

“Dit blyk dat die Grondwet se bepalings hieroor gebiedend is en daar min – indien enige – beweegruimte vir ’n hof is om ’n uitstel van die verkiesing tot ná 1 November te sanksioneer.

“Hierdie saak kan ’n beduidende uitwerking hê op die hele grondwetlike bestel van Suid-Afrika. Daarom het AfriForum besluit om regter Moseneke se verslag, asook die aansoek wat deur die Verkiesingskommissie gedoen sal word, te oorweeg en verder te ondersoek om moontlike toetreding tot die saak te oorweeg,” sê Mostert.

Die VF Plus “sien gevaarligte flikker oor die OVK se besluit”, sê dr. Pieter Groenewald, partyleier.

“Daar is ’n grondwetlike bepaling oor verkiesings wat dit duidelik maak dat ’n volgende verkiesing nie later nie as 90 dae van die jaardatum van die vorige verkiesing gehou moet word. Indien die hof sou toelaat dat sekere bepalings van die Grondwet nie uitgevoer word nie, kan situasies in die toekoms ontstaan waar ander verkiesings op nasionale en provinsiale vlak om sekere redes ook uitgestel kan word. Dit kan ’n presedent hiervoor skep,” meen Groenewald.

Meer oor:  Plaaslike Verkiesing  |  Ovk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.