Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Verlooptes red ANC dalk in Rustenburg

Dit lyk of die ANC wel die mag sal behou in Rustenburg, die grootse stadsraad buiten die metrorade waarin geen party ’n volstrekte meerderheid behaal het nie.

Die ANC het 48,55% van die stemme in Rustenburg gekry (43 setels), die EFF 26,76% (24 setels) en die DA 16% (14 setels), maar ’n groep verloopte ANC-raadslede wat die onafhanklike Forum for Service Delivery (F4SD) gestig het, het 4,06% (vier setels) van die stemme
gekry en hou die sleutel tot ’n magsposisie om te regeer.

Die F4SD het die afgelope week verskeie vergaderings gehou met die ANC en ook met ’n gesamentlike afvaardiging van die DA en die EFF, sê Katlego Motlagodisa, woordvoerder.

“Ons het nog nie finaal daaroor besluit nie, maar dit lyk in dié stadium asof ons ’n koalisie met die ANC gaan sluit,” sê hy.

Die ANC het hom die beste versekering gegee om diens­lewering in verskeie buitestedelike nedersettings te verbeter.

As die ANC ’n koalisie met die F4SD sluit, sal hy die stadsraad ten volle beheer met 47 van die 90 raadslede.

Daarteenoor sal ’n EFF-DA-koalisie slegs 38 setels hê en die bykomende steun van die F4SD en vier kleiner partye moet kry.

Die kleiner partye, wat elk een raadslid het, is die VF Plus, UDM, AIC en die Botho Community Movement.

Landwyd het die EFF die beste in Rustenburg gevaar.

Die party, wat landwyd 8,19% van die stemme op hom verenig het, het in geen stadsraad ’n meerderheid behaal nie.

Die IVP het landwyd 4,25% van die stemme gekry, maar beheer van ses munisipaliteite in KwaZulu-Natal verkry omdat sy steun in dié provinsie gekonsentreer is.

Meer oor:  Rustenburg  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.