Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Verregaande maatreëls? Regering sê hy skend nié regte

Die regering skend nié jou menseregte met die Covid-19-regulasies en inperking wat die nuwe orde van die dag in die land is nie.

Die Suid-Afrikaanse regering sê dit is ’n mite wat tans die ronde doen dat hy Suid-Afrikaners van hul basiese regte en vryheid met dié maatreëls ontneem.

Die polisie in Johannesburg het die strate op Nuwejaarsdag gepatrolleer. Foto: Reuters

Hy sê die Covid-19-regulasies wat aangekondig is, hou ook nie met ’n outoritêre regime verband nie, en beskou hierdie “sienings” van talle Suid-Afrikaners as ’n mite.

“Die huidige maatreëls is tydelik en is ingestel om ons nasie en haar mense te beskerm. Ons vryheid sal nooit in die gedrang wees nie omdat ons deur die Grondwet beskerm word.”

Die regering het ’n drankverbod ingestel. Foto: Reuters

Die regering sê die Grondwet se menseregte-afdeling maak voorsiening daarvoor dat demokrasie en vryheid geniet moet word.

Die DA beskryf sedert verlede jaar die regering se aksies as “drakonies” nadat die regering talle Covid-19-maatreëls in plek gestel het om die verspreiding van die virus te probeer keer.

Die DA het ook weer in Desember die nuwe stel maatreëls waar strande gesluit is as “drakoniese maatreëls” beskryf, en die sluiting van strande in die hooggeregshof betwis.

Bheki Cele, minister van polisie, sê meer as 20 000 mense is reeds sedert 29 Desember in hegtenis geneem. Foto: Reuters

Pres. Cyril Ramaphosa het aanvanklik strande in die Oos-Kaap en die Tuinroete gesluit nadat Suid-Afrika hom in Desember in ’n tweede vlaag bevind het.

Ramaphosa het die land in Desember kort voor Nuwejaar weer na vlak 3 geskuif sodat die land die tweede vlaag kan beveg.

Dié skuif behels dat strande in alle brandpunte gesluit is, terwyl ’n drankverbod weer ingestel is.

Die regering het ook die tye van die aandklokreël aangepas. Die aandklokreël is weer van 21:00 tot 05:00 in werking gestel, waartydens niemand sy of haar woning mag verlaat nie.

Kinders baljaar in Januarie in die hawe in Houtbaai in Kaapstad nadat die strande gesluit is. Foto: Jaco Marais

Onder hierdie maatreëls moet fliekteaters, teaters, casino’s, gimnasiums en restaurante reeds teen 20:00 sluit.

Ramaphosa het ook die dra van maskers verpligtend gemaak, en die land gewaarsku dat mense wat weier om maskers te dra, beboet of in die tronk gestop kan word.

Nadat die virussiekte vir die eerste keer verlede jaar in Maart in Suid-Afrika uitgebreek het, het Ramaphosa ’n ramptoestand afgekondig en die Rampsbestuurswet bekragtig. Hierdie wet is sedert Maart verlede jaar verleng sodat die nasionale staat van inperking steeds in Suid-Afrika kan geld.

Hospitale verkeer onder druk. Foto: Deaan Vivier

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het intussen in die Staatskoerant aangekondig die Rampbestuurswet is tot op 15 Februarie verleng.

Bheki Cele, minister van polisie, het hierdie week bekend gemaak dat meer as 20 000 mense reeds sedert 29 Desember in hegtenis geneem is.

Cele sê 7 455 mense is in hegtenis geneem omdat hulle nie maskers gedra het nie.

Suid-Afrika se nuwe koronavirusgevalle het Vrydagaand met 14 880 nuwe infeksies gestyg, terwyl die sterftes met 615 toegeneem het.

Die departement van gesondheid sê Suid-Afrika het 1 311 686 kumulatiewe gevalle en 36 467 sterftes.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Suid-Afrika  |  Koronavirussiekte  |  Koronavirus  |  Regte  |  Grondwet  |  Covid-19  |  Menseregte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.