Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Verskaffing van water nou gesentraliseer
Lindiwe Sisulu, minister van water, sanitasie en menslike nedersettings. Foto: Isabel Venter

Lindiwe Sisulu, minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, het bekend gemaak dat water in Suid-Afrika nou gesentraliseer is.

Sy het Donderdag dié aankondiging gedoen op ’n nuuskonferensie waar verskeie ministers terugvoering gegee het oor spesiale regulasies wat geld tydens die staat van inperking.

“Ons het oral waterrade van munisipaliteite wat water aan inwoners verskaf. Ons het ook besproeiingsrade wat meesal vir die plaasgemeenskappe is. Ons het nou al daardie water geneem en dit alles onder ’n sentrale bevelsentrum geplaas,” het Sisulu gesê.

Die sentrum se hoofkwartier sal by Rand Water in Johannesburg wees. Mense kan ’n sentrale nommer skakel om uit te vind waar hulle water kan kry.

Munisipaliteite sal steeds verantwoordelik wees om plekke te identifiseer waar watertenks geplaas word, sê Sisulu.

Die sentrale regering sal egter die verskaffing van tenks en waterwaens beheer. In kort sal die departement die meeste van die waterrade oorneem.

“Ons het dit nou gesentraliseer en sal ook van hoofkantoor af alle waterverwante aankope doen,” het Sisulu gesê.

Volgens Sisulu het die nuwe gesofistikeerde sentrale waterraad video-toegang tot al die verskillende waterrade van die land. Dit beteken daar kan te alle tye gesien word hoeveel water beskikbaar is vir die mense.

Die sentrale nommer wat mense kan skakel, is 0800 200 200

Meer oor:  Water  |  Rand Water  |  Lindiwe Sisulu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.