Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Verskeie nuwe aanstellings in Valke se topbestuur

Die Valke het verskeie aanstellings in die topbestuurstrukture gedoen, wat na verwagting “toegewyde leierskap en stabiliteit” in die misdaadbestrydingsorganisasie sal bring.

In ’n verklaring wat die Valke Sondag uitgereik het, sê brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder, die aanstellings, wat drie provinsiale hoofde insluit, het op 1 Augustus in werking getree.

Hangwani Mulaudzi
Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder. Foto: Deaan Vivier

Die nasionale Valke-hoof, lt.genl. Godfrey Lebeya, het gesê die aanstellings van die provinsiale hoofde is ná die nodige keuringsproses en gevolglik met die instemming van die kabinet ingevolge artikel 17CA (6) van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Wet 68 van 1995, gedoen.

Lebeya het die bestuurspan en alle lede van die Valke aangemoedig om die nuwe aanstellings met die versekering en verwesenliking van die mandaat van die direktoraat, naamlik die voorkoming, bestryding en ondersoek van nasionale voorkeur-oortredings soos ernstige georganiseerde misdaad, ernstige kommersiële misdaad en ernstige korrupsie te steun.

Gauteng

Maj.genl. Ebrahim Kadwa is as die hoof van die Valke in Gauteng aangestel.

Kadwa het hom in 1985 by die SAPD aangesluit en het ’n nasionale diploma in polisie-administrasie. Hy het ook kursusse in plaaslike dwelmbestryding, hoofsaaklik die bestuur van gevalle en uitvoerende ontwikkeling, voltooi.

Hy was voorheen die bedryfshoof van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad. Hy is in 2007 in dié pos aangestel.

Oos-Kaap

Genl.maj. Obed Ngwenya is as die hoof van die Valke in die Oos-Kaap aangestel.

Mulaudzi het gesê Ngwenya dien al meer as 30 jaar in die polisiemag en het ’n MTech-graad in forensiese ondersoek.

Hy was voorheen die provinsiale bevelvoerder van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in Mpumalanga.

KwaZulu-Natal

Genl.maj. Lesetja Senona is as die provinsiale hoof in KwaZulu-Natal aangestel.

Senona het hom in 1985 by die polisie aangesluit en het ’n BTech-graad in polisiëring. Hy het voorheen die pos as afdelingshoof van projekondersoeke by die polisie beklee, waar hy in 2017 aangestel is.

Brig. Msizi Nyuswa is ook aangestel as die nuwe provinsiale bevelvoerder van die eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in KwaZulu-Natal.

Nyuswa werk al meer as 30 jaar by die SAPD en het ’n nasionale diploma in polisie-administrasie, die grade BTech in polisiëring, BA in die regte en MTech in forensiese en ondersoekende ouditkunde.

Wes-Kaap

Brig. Trevor Hoys is as die nuwe provinsiale bevelvoerder van die eenheid vir ernstige kommersiële misdaadondersoeke in die Wes-Kaap aangestel.

Hoys het hom in 1995 by die polisie aangesluit. Hy het ’n nasionale diploma in polisiëring en ’n BTech-graad in polisiëring.

Nog aanstellings

Ander aanstellings is brig. Mafiwa Mmekwa, wat die hoof van die gespesialiseerde forensiese ontledingseenheid in die hoofkantoor in Pretoria sal wees, terwyl brig. Thipe Rapholo in dieselfde afdeling aangestel is.

Brig. Frederick Smith sal die hoof van die eenheid vir taktiese operasies van die Valke wees, terwyl brig. Rasekaka Makuoane as die nuwe afdelingshoof van die eenheid vir ekonomiese beskermde hulpbronne in die hoofkantoor in Pretoria aangestel is.

Meer oor:  Hangwani Mulaudzi  |  Aanstellings  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.