Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Versnel grondhervorming om populisme te keer’

As grondhervorming nie bespoedig word nie, gaan al hoe meer Suid-Afrikaners “verwoestende” populistiese beleide begin ondersteun, sê prof. Ben Cousins van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) se instituut vir armoede, grond en hervormingstudies.

Hy het gepraat op die tweede nasionale beraad vir grondhervorming, wat in Centurion gehou word.

Dr. Vuyo Mahlati

Die beraad word aangebied deur die raadgewende paneel vir grondhervorming en landbou wat op die been gebring is om raad te gee oor beleidskwessies wat met grondhervorming te doen het.

Die paneel sal op 15 Maart aan pres. Cyril Ramaphosa terugvoer gee.

“As jy kyk na die hoë werkloosheidsyfer onder jong mense en die radikale denkwyses van baie studente op universiteitskampusse, kan populistiese partye soos die EFF die oorhand kry as die grondkwessie nie opgelos word nie,” het Cousins gesê.

Hy het verwys na ’n studie deur Statistiek Suid-Afrika wat wys dat daar slegs 5 000 groot kommersiële plase in Suid-Afrika is.

“Om grondhervorming te bespoedig moet daar eerder op kleiner plase en kleinhoewes gefokus word.

“Terselfdertyd word voedselveiligheid nie in gedrang gebring nie omdat die groot plase verreweg die meeste van die voedsel produseer.”

Meer as tien sprekers, waaronder landboukenners, politici, akademici en regslui het op die beraad gepraat wat tot Saterdag voortduur.

Talle sprekers het daarop gewys dat grond in Suid-Afrika nie net as ’n kommoditeit beskou kan word nie, maar dat baie mense ’n emosionele verbintenis daaraan het.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie, het gesê die mark van gewillige verkopers en gewillige kopers sal nie die nalatenskap van apartheid uitwis nie. “Dit het ernstige implikasies vir grondhervorming en stedelike ontwikkeling.”

’n Voorstel om art. 25 van die Grondwet te verander om die beleid oor grondhervorming sonder vergoeding duidelik uit te stippel, is einde verlede jaar deur die parlement goedgekeur.

Volgens haar het inwoners in landelike gebiede grondhervorming nodig om ekonomiese ontwikkeling daar te laat plaasvind.

“Die kwessie of grondhervorming nodig is om ontwikkeling te bewerkstellig hoef nie meer gedebatteer te word nie.

“Ons mense kan deur middel van grondhervorming bevry word. Ons ondersteun dit, nie om mense te polariseer nie, maar om ’n beter samelewing te skep.”

Dlamini-Zuma sê dit is die paneel se taak om te bepaal hoe grondhervorming die ekonomie gaan laat groei. Grondhervorming kan nie plaasvind sonder dat mense met vaardighede toegerus word en finansiële steun kry nie.

Volgens haar moet “spesiale instellings” opgerig word om veral jong mense landbouvaardighede te leer om ordentlik te kan boer.

Dr. Vuyo Mahlati, voorsitter van die paneel, het gesê hoewel die probleme met grondhervorming kompleks is, daar “slim mense is” om dit te vereenvoudig.

Sy sê die paneel het met belangegroepe, insluitend in die private sektor, vergader. Finansiële instellings ondersteun die paneel en ontwerp modelle vir finansiering.

“Die kwessie oor grond is groter as ons almal en as ons nie saamwerk nie, gaan dit nie werk nie,” het sy gesê.

’n Voorstel om art. 25 van die Grondwet te verander om die beleid oor grondhervorming sonder vergoeding duidelik uit te stippel, is einde verlede jaar deur die parlement goedgekeur.

Meer oor:  Grondhervorming  |  Populisme  |  Beraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.