Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Verwoerd se kleinseun gaan parlement toe

’n Kleinseun van dr. H.F Verwoerd, wat as die argitek van apartheid beskou word, is “beskeie opgewonde” dat hy in sy oupa se voetspore as LP kan volg.

Dr. Wynand Boshoff. Foto: Charné Kemp

Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-leier in die Noord-Kaap, het Maandag gesê dat hy op sy eie as LP beoordeel wil word en nie op grond van wie sy oupa was nie.

As permanente inwoner van Orania is hy trots om VF Plus-ondersteuners vir die volgende vyf jaar as LP te kan dien.

Boshoff is die seun van “oom Carel Boshoff”, ’n stigterslid van Orania.

Dié party was een van die suksesvolstes in die afgelope verkiesing omdat hy sy steun van 0,90% in 2014 tot 2,38% vanjaar verhoog het. Die party se parlementêre setels neem van vier tot tien toe.

In die Noord-Kaap het die party se steun tot 2,68% teenoor die 1,09% in 2014 toegeneem.

Die VF Plus het die meerderheidsteun in Orania gekry toe 79,40% of 447 van geregistreerde kiesers daar vir die party gestem het.

Daarteenoor het die DA 11,01% van die steun daar gekry, die EFF 3,33%, Front Nasionaal 2,13%, Cope 1,42%, die ACDP 1,24% en die ANC 0,53%.

Volgens Boshoff was hy sesde op die VF Plus se kandidatelys vir die parlement en dit is waarom hy na die parlement op pad is.

Hy was die laaste jare ’n “naweek-inwoner” van Orania veral omdat hy deur die week in Kimberley was waar hy raadslid in die Sol Plaatje-munisipaliteit was.

“Ek is ook voorsitter van ons navorsingskomitee en my bydra as LP sal min of meer in daardie hoedanigheid wees.

Ons is nou wel nie kamerade nie, maar in die VF Plus is ons spanlede en ek sal dus as spanlid my deel daar moet doen.

“Ek sal egter ’n groentjie wees en weet in dié stadium nie wat op my wag nie, behalwe dat daar hard gewerk sal word.

“Ons is nou wel nie kamerade nie, maar in die VF Plus is ons spanlede en ek sal dus as spanlid my deel daar moet doen.”

Boshoff sê hy sal Orania met trots in die parlement verteenwoordig.

“Daar is baie wanpersepsies oor Orania. Dit verteenwoordig egter ’n groot gedagte. Ek is daarom trots om met Orania vereenselwig te word.

“Ek is daarby beskeie opgewonde dat ek op pad Kaapstad toe is. Daar sal ek my onder meer beywer vir die regte van minderheidsgroepe, nie net die van Afrikaners nie, maar ook van bruin minderheidsgroepe waarop ons sterk in ons verkiesingsveldtog gefokus het.”

Volgens Boshoff, wat al sedert 1993 in Orania woon, het baie van die bruin gemeenskappe “dieselfde behoeftes as Orania. Daarom sal dit een van my fokuspunte in die parlement wees.

“Ek sal uit my ervaring van Orania met sulke gemeenskappe kan deel en hande met hulle vat,” het Boshoff gesê.

Meer oor:  Vf Plus  |  Noord-Kaap  |  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.