Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
VF Plus kap EFF oor VS se ‘koloniale simbole’

’n Mosie teen koloniale simbole in die Vrystaat wat die EFF nou aanroer val Afrikaners se geskiedenis aan.

Só meen Jan van Niekerk, provinsiale VF Plus-leier, oor die EFF se mosie wat dié party ter tafel wil lê om dié simbole te verwyder.

Dit sluit in geskiedkundige simbole soos die standbeeld van genl. Christiaan de Wet.

Genl. Christiaan de Wet op Potchefstroom afgeneem, ses dae nadat hy oor die Magaliesberg ontsnap het. Foto: Oorlogmuseum van die Boererepublieke

Van Niekerk meen die mosie is teenstrydig met nasiebou en dit bevorder rassepolarisasie.

“Die inhoud van die mosie bevat bewerings dat swart mense geen beelde van helde in die Vrystaat het nie, en dat slegs wit helde in die Vrystaat uitgebeeld word,” skryf Van Niekerk in ’n nuusverklaring.

Die EFF voer in sy mosie aan dat die verwydering van dié simbole sal bydra tot die uitwissing van kolonialisme.

Maar Van Niekerk meen De Wet het juis teen kolonialisme geveg en het geen betrokkenheid in die apartheidsera gehad nie.

“Die VF Plus is ten gunste van ’n inklusiewe erfenisterrein waar een groep se geskiedenis nie weggeneem word nie, maar waar daar eerder bygevoeg word. Die verlede kan nie herskryf of verander word nie en daar moet eerder respek vir alle groepe se geskiedenis wees en geleer word uit die verlede.”

Hy beskuldig die EFF daarvan dat die party die uitwissing van simbole prioritiseer, terwyl mense in die Vrystaat honger ly en gebuk gaan onder swak dienslewering.

“Dit is beduidend van die EFF se kortsigtige populisme. Die EFF het nog nie geleer dat ’n land nie opgehef word deur gedeeltes van die samelewing te probeer afbreek nie.

“Solank dit die EFF se uitgangspunt is, sal armoede en ongelykheid in Suid-Afrika bly voortbestaan. Die VF Plus sal die mosie ten sterkste teenstaan,” sê Van Niekerk.

Meer oor:  Eff  |  Apartheid  |  Koloniale Simbole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.