Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
VF Plus sê hy slaag teen BLF

Black First Land First (BLF) is glo gederegistreer as politieke party. Die VF Plus sê hy het geslaag in sy appèlaansoek teen die registrasie van die BLF as ’n politieke party.

Andile Mngxitama, leier van die BLF. Foto: Argief

Die VF Plus sê in ’n mediaverklaring dat ingevolge artikel 16(1)(c) van die Wet op die Verkiesingskommissie (Wet 51 van 1996) mag die OVK nie ’n politieke party registreer wat lidmaatskap op grond van ras, kleur of etnisiteit uitsluit nie. “Die BLF se grondwet bepaal in artikel 4 dat slegs swart mense lede van dié party mag wees,” luidens die mediaverklaring.

Volgens die VF Plus het die OVK aangevoer dat die registrasie van die BLF nie teen die bepalings van die wet is nie, omdat artikel 4 van dié party se grondwet eerder na ’n bepaalde ideologie as ’n spesifieke ras verwys.

Luidens die VF Plus se verklaring het Andile Mngxitama, leier van die BLF, dit weerspreek deur in sy aanvanklike opponerende verklaring voor die kieshof te bevestig dat die BLF se grondwet wit mense op grond van ras uitsluit.

“Die OVK kon dus nie anders nie as om in die guns van die VF Plus te bevind nie en moes gevolglik die BLF as politieke party deregistreer,” aldus die verklaring.

Die OVK en BLF se kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Die VF Plus se logo.
Meer oor:  Blf  |  Ovk  |  Vf Plus  |  Politieke Party
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.