Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
VF Plus verwerp Vrystaatse begroting

Die staatskoffers is leeg en die koek kan nie verder verdeel word nie. Die Vrystaatse aansuiweringsbegroting wat Dinsdag in die Vrystaatse wetgewer in Bloemfontein ter tafel gelê is, is ontoereikend om aan die behoeftes van Vrystaters te voldoen.

Tammy Wessels. Foto: Verskaf

So het Tammy Wessels, lid van die Vryheidsfront Plus in die wetgewer, Dinsdag in ’n mediaverklaring gesê.

Sy sê die onderbesteding van voorwaardelike toekennings deur provinsiale departemente weens swak beplanning, ’n gebrek aan behoorlike leierskap en verkeerde prioriteite het daartoe bygedra dat die provinsie R71 miljoen verbeur het.

“Onderbesteding deur sleuteldepartemente, soos die provinsiale departement van landbou teen 31,5%, is kommerwekkend. Die landbousektor in die Vrystaat lewer ’n enorme bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie. Dié sektor skep ook werk vir duisende mense. Die onderbesteding deur dié departement moet dringend aandag kry. Die landbousektor in die provinsie moet gestimuleer en uitgebou word,” sê sy.

Wessels sê die bykomende R13,5 miljoen wat aan landboudepartement vir droogtehulp toegeken is, is onvoldoende.

“Terwyl die departement van die premier ’n verdere R74 miljoen kry, moet die departement van gesondheid R22 miljoen inboet. Dit is ’n duidelike bewys van die regering se verkeerde prioriteite.”

Wessels sê geld word van provinsiale gesondheidsdepartement weggeneem om die ANC se Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te finansier, terwyl die Vrystaat feitlik met ’n humanitêre gesondheidskrisis sit.

“Dit is nie toevallig dat politieke mooi broodjies, soos die NGV, so kort voor die nasionale verkiesing gebak en gefinansier word nie. Eweneens die bykomende finansiering wat aan die premier toegeken word vir sogenaamde beurse.”

Wessels sê die beperkte inkomste van die Vrystaat kan nie nog verder verdeel word om al die probleemgebiede in die provinsiale departemente en die munisipaliteite te takel nie.

Dit is nie toevallig dat politieke mooi broodjies, soos die NGV, so kort voor die nasionale verkiesing gebak en gefinansier word nie.

Die invordering van inkomste, tesame met ’n onvoldoende toedeling van geld deur die nasionale tesourie en voorwaardelike toekennings wat weens wanbestuur verbeur word, help nie om in die enorme behoefte vir hulpbronne en finansiering in die provinsie te voorsien nie.

Die VF Plus kan nie dié ontoereikende begroting ten gunste van die ANC se verkeerde prioriteite ondersteun nie, sê Wessels. Dit is nie tot voordeel van die mense van die Vrystaat nie en is onaanvaarbaar.

“Geen begroting kan die Vrystaat red terwyl die ANC regeer nie.”

Meer oor:  Tammy Wessels  |  Vrystaat  |  Begroting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.