Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Vier lede van kabinet in O-Kaap se koppe rol

Phumulo Masualle, die beleërde premier van die Oos-Kaap, het Donderdag vier senior lede van sy kabinet in die pad gesteek.

Mlibo Qoboshiyane‚ LUR vir landelike ontwikkeling, Thandiswa Marawu‚ LUR vir vervoer, Sakhumzi Somy‚ LUR vir finansies en Nancy Sihlwayi‚ LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het in die slag gebly.

Phumulo Masualle, premier van die Oos Kaap, op die ANC se beleidskonferensie in Johannesburg in 2017.Foto: Deaan Vivier

Hy het ook verskeie verstellings aan ander sleutelposisies aangebring en Oscar Mabuyane as hoof van die provinsiale tesourie aangestel.

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het Masualle Maandag in Luthuli-huis in Johannesburg onder vier oë gespreek en op die skommeling aangedring.

Volgens Gift Ngqondi, ANC-woordvoerder, is Masualle tot Donderdag gegee om die skuiwe aan te kondig.

Die lede van die ANC se Oos-Kaapse provinsiale werkkomitee het ook Maandag se vergadering bygewoon.

Die vergadering was glo om terugvoer te gee oor die werk wat gedoen word om die Oos-Kaap te verenig, asook om die betrekkinge tussen die provinsiale regering en die ANC se provinsiale uitvoerende komitee te versterk.

Volgens Ngqondi was die vergadering ’n reguit gesprek in die gees van kameraadskap en is ’n aantal haakplekke in die Oos-Kaap uitgeklaar.

Hoewel die provinsiale uitvoerende komitee aanbevelings kan maak, dien die komitee slegs in ’n raadgewende rol en bly dit die taak van die premier om mense af te dank of aan te stel.

Ngqondi sê die vergadering is afgesluit met die boodskap dat die probleme in gebiede waar daar onenigheid is, spoedig opgeklaar moet word, en dat die kwessie van die hersamestelling van die leierskap in die Oos-Kaap ook vinnig afgehandel moet word.

Meer oor:  Phumulo Masualle  |  Nancy Sihlwayi  |  Mlibo Qoboshiyane  |  Oos-Kaap  |  Politiek  |  Afdankings  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.