Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Virus kelder ook amptenare se beplande staking – vir nou
Zola Saphetha, Nehawu se algemene sekretaris. Foto: Jabu Kumalo

Staatsdienswerkers se planne om die staatsdiens einde Maart weens ’n salarisgeskil met die regering te verlam is weens die staat van totale inperking wat Donderdagnag intree ook vir eers van die baan.

“Nehawu wil egter ’n duidelike boodskap aan die regering stuur dat die uitstel van die massaoptog (wat vir 30 Maart beplan was) nie beteken dat ons ons stryd vir behoorlike salarisse en die eerbiediging van kollektiewe salarisooreenkomste laat vaar het nie,” het Zola Saphetha, hoofsekretaris van dié Cosatu-geaffilieerde vakbond, Donderdag gesê.

Dié vakbond dreig verder dat hy op die gepaste tyd ná die inperking die weg vorentoe hieroor sal bepaal.

Nehawu sê sy lede is verpleegsters, lykshuiswerkers, paramedici, dokters, gemeenskapsgesondheidswerkers, tandartse, laboratoriumpersoneel en amptenare van talle staatsdepartemente wat tans almal op die voorgrond van Suid-Afrika se stryd teen die Covid-19-pandemie is.

Volgens Saphetha het Nehawu se topleierskap Woensdag deur middel van ’n telekonferensie ’n dringende spesiale hoofraadsvergadering gehou om die beplande staking in die lig van die staat van inperking te bespreek.

Die planne vir die staking het gekom nadat die regering vroeër aangekondig het dat geen staatsamptenaar vanjaar ’n salarisverhoging sal kry nie.

Die planne vir die staking het gekom nadat die regering vroeër aangekondig het dat geen staatsamptenaar vanjaar ’n salarisverhoging sal kry nie. Dit is deel van staat se planne om oor die volgende drie jaar R160 miljard op die staatsdiens se opgeblase salarisrekening te bespaar, soos wat Tito Mboweni, minister van finansies, vroeër vanjaar in sy begrotingsrede aangekondig het.

Vakbonde wat staatsdienswerkers verteenwoordig, soos Nehawu, Nupsaw en vakbondfederasies soos Cosatu, Saftu en Fedusa, beskou dié planne egter as ’n “oorlogsverklaring” teen werkers. Hulle dring daarop aan dat die regering die bestaande driejaarsalarisooreenkoms eerbiedig.

Vanjaar sou die laaste jaar van dié ooreenkoms wees waarin vasgestelde salarisverhogings op 1 April aan alle staatsamptenare toegeken sou word.

“Dit het duideliker geword op ’n vergadering van die onderhandelingskamer vir die staatsdiens Woensdag dat die regering nie bereid is om die ooreenkoms te eerbiedig nie. Hulle het selfs voorgestel dat werkers self die laaste jaar van die ooreenkoms moet finansier,” het Sapetha verder in ’n verklaring gesê.

Verhoging word vereis in April.

“Ná die aankondiging van die 21 dae van landwye inperking en die streng maatreëls om die verspreiding van die virus te beperk, het die hoofraadsvergadering besluit om die beplande dag van aksie wat vir 30 Maart 2020 geskeduleer was tot ’n latere datum uit te stel. Gedurende die inperking sal die Nehawu-leierskap alle moontlike keuses oorweeg as die ooreenkoms nie teen 1 April 2020 geïmplementeer word nie.”

Intussen het Kagiso Makoe, woordvoerder van die Saftu-geaffilieerder Nupsaw, vroeër gesê hulle sal dit stip dophou of die regering op 1 April salarisverhogings aan staatsamptenare sal gee.

“Ons verstaan dat die inperking ons lewens aansienlik sal raak en ons het vertroue omdat ons weet dat openbare werkers daar op die voorgrond is en help om ons gemeenskappe in dié spanningsvolle tyd veilig te hou,” sê Makoe.

“As die regering nie die salarisooreenkoms implementeer nie, sal die vakbonde besluit of hulle saam of afsonderlik gaan optree.”

Meer oor:  Korona  |  Staatsdienswerkers  |  Dienste  |  Staking  |  Inperking  |  Covid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.