Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
VL: Staat moet pas aangee met vordering

Verantwoordbaarheid.

Dít is die opsomming van Francois Wilken, president van die Vrystaat Landbou (VL), se boodskap aan William Bulwane, LUR vir landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat, en sy afvaardiging.

Die uitvoerende bestuur van Vrystaat Landbou (VL) het met die departement van landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat vergader en ooreengekom om ’n memorandum van verstandhouding op te stel om ’n werksverhouding te struktureer. Van links agter is Tommie Esterhuyse, vise-president van VL, en dr. Tankisi Masiteng, hoof van die departement van landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat. Voor is William Bulwane, LUR vir landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat, en Francois Wilken, president van VL.Foto: Vrystaat Landbou

Volgens Wilken is die belangrikste aspek van ’n verhouding tussen VL en die departement landbou en landelike ontwikkeling om verantwoordbaar te wees.

“As ons dit nie gaan regstel nie, kan ons maar net sowel huis toe gaan,” het hy tydens ’n vergadering tussen lede van die VL se uitvoerende bestuur en die department gesê.

Albei partye het op die vergadering, wat ook deur dr. Tankisi Masiteng, hoof van die departement van landbou en landelike ontwikkeling, bygewoon is, ooreengekom om ’n memorandum van verstandhouding op te stel om ’n werksverhouding tussen hulle te struktureer.

Wilken het daarop aangedring dat die vergadering nie net nóg ’n gepraat met geen tasbare resultate, soos soortgelyke vergaderings in die verlede, is nie.

Tommie Esterhuyse, vise-president van VL, het ook beklemtoon dat wedersydse vertroue nodig is om doeltreffend te vorder en dat die department se leierskap deur voorbeeld moet lei.

“Dan kan ons op die positiewe aspekte konsentreer om die sektor in die toekoms te inspireer,” het hy gesê toe hy Bulwane vir die ontmoeting bedank het.

Wilken het VL se standpunt oor die privaat besit van grond benadruk en gesê deur nie volle titelaktes aan nuwe toetreders tot landbou, via gesubsidieerde bankkrediet, te gee nie, ook iets is wat opkomende landbouers terughou.

Hy het die departement se veeartsenydienste en die weermag geprys vir die voorkoming van die verspreiding van miltsiekte vanaf Lesotho na Suid-Afrika en het die nasionale departement gekritiseer oor die hantering van bek-en-klouseer, wat Suid-Afrika miljarde rande aan uitvoerinkomste gekos het.

Die uitvoerende bestuur van Vrystaat Landbou (VL) het met die departement van landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat vergader en ooreengekom om ’n memorandum van verstandhouding op te stel om ’n werksverhouding te struktureer. Hier spreek William Bulwane, LUR vir landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat, lede van die vergadering toe. Foto: Vrystaat Landbou

Van die belangrikste kwessies wat deur VL geopper is, was onder meer landelike misdaad en veediefstal wat die volhoubaarheid van landbouers en plaaswerkers beïnvloed. Probleme by die Lesotho-grens, wat brandstigting, misdaad en die bedreiging van die verspreiding van aanmeldbare siektes weens onvoldoende polisiëring insluit, is ook uitgelig.

Die skokkende toestand en instandhouding van landelike paaie en die sluiting van landelike lisensiërings -en toetsstasies was ook op die agenda, asook die bedreiging van goedkeurings vir gas- en mynprospektering en die departement se disfunksionele kantore in klein dorpies.

Probleme by die Lesotho-grens, wat brandstigting, misdaad en die bedreiging van die verspreiding van aanmeldbare siektes weens onvoldoende polisiëring insluit, is ook uitgelig.

Bulwane het gesê hy sal spesifieke departementele kwessies na die regte partye en Lesotho-eweknieë herlei en het voorgestel om oor twee maande weer te vergader om die vordering te evalueer.

Hy het VL versoek om saam te werk om die bruto binnelandse produk van die provinsie te verhoog en erken dat landbou die enigste sektor is wat die ekonomie kan laat groei en meer werk kan skep.

Bulwane het ’n pleidooi aan VL-boere gerig om hul vaardighede te deel en nuwe toetreders tot landbou te help om hul voete te vind en toegang tot markte te kry om volhoubare, ekonomies lewensvatbare landbou-eenhede te hê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.