Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Vlak 1 kon al vroeër kom, meen politieke partye

Politieke partye verwelkom pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging, maar meen dat die verslapping al vroeër moontlik was.

Daar is ook twyfel uitgespreek oor die suksesvolle toepassing van die regering se inentingsveldtog.

John Steenhuisen, DA-leier, het ná Ramaphosa se toespraak Sondagaand sy tevredenheid uitgespreek met die aankondiging oor alkoholverkope, die bywoning van byeenkomste en die aandklokreël.

John Steenhuisen

“Ons grootste fokus as ’n land moet nou wees op die ontplooiing van ’n omvangryke inentingsprogram en om ons ekonomie te herbou. Dit is van kritieke belang dat ons die entstofprogram baie versnel, sê Steenhuisen.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê daar was geen rede hoekom die regering nie reeds drie weke gelede die inperking kon verslap nie omdat infeksies al lank laag is.

Volgens hom is die regulasies oor byeenkomste ook irrasioneel omdat 100 mense binnenshuis toegelaat word, maar terselfdertyd moet kleiner persele teen 50% van hul kapasiteit bedryf word.

“Konferensiesentrums is enorm en kan 1 000 mense en meer hanteer en teen 50% van hul kapasiteit kan hulle 500 mense akkommodeer. Konferensiesentrums moet geld maak.

Hy is baie bekommerd oor Ramaphosa “se staat van ontkenning” oor die inentingsprogram.

Ons sal voortgaan met die ontplooiing van die entstof sodat ons kudde-immuniteit kan bereik en na normaliteit kan terugkeer.
Paul Mabe

“Aan die begin van die jaar is gesê die plan is om teen die einde van die jaar 40 miljoen mense in te ent, maar tot dusver is minder as 70 000 mense ingeënt en dis amper Maart.”

Mkhulekho Hlengwa, IVP-woordvoerder, het ook die belangrikheid van die inentingsprogram benadruk om die land na ’n vlak van normaliteit terug te neem.

Hy sê die regering het die regte besluit geneem deur die inperking af te skaal omdat die ekonomie in die waakeenheid is.

“Die kritieke boodskap is egter dat die verslapping van die inperking nie vir mense onder die indruk moet bring dat die koronavirus-pandemie verby is nie.

“Ons doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om voorkomende maatreëls toe te pas omdat ons baie vinnig ’n derde vlaag kan ondervind as mense nie gehoor daaraan gee nie,” waarsku Hlengwa.

Flip Buys, hoof van die Soldariteit-beweging, meen dat baie Suid-Afrikaners al lankal weens hul gedrag op vlak 1 van die inperking is omdat hulle baie van die maatreëls nie meer nagekom het nie.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het aan die SAUK gesê ook die regerende party verwelkom die minder streng inperkings.

“Ons sal voortgaan met die ontplooiing van die entstof sodat ons kudde-immuniteit kan bereik en na normaliteit kan terugkeer.”

Meer oor:  John Steenhuisen  |  Cyril Rama­Phosa  |  Vlak 1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.