Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Vlak 2 sal ‘sake in Oos-Kaap help normaliseer’

Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse premier, sê die land se herstel- en infeksiekoers van die koronavirus dui daarop dat die skuif na vlak 2 van die nasionale staat van inperking die regte besluit is.

Mabuyane het Sondag by monde van Mvusiwekhaya Sicwetsha, sy woordvoerder, dié besluit verwelkom wat Saterdagaand deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is.

Mabuyane het in samesprekings met die kabinet sy steun hiervoor betuig, omdat hy glo die huidige infeksiekoers wat afneem, regverdig die stap.

Volgens die jongste beskikbare statistieke is 583 653 infeksies landwyd aangemeld, terwyl 466 941 mense van die virus herstel het. In Suid-Afrika is 11 677 mense reeds aan Covid-19 dood, waarvan 2 447 sterftes in die Oos-Kaap aangemeld is.

Foto ter illustrasie: Die Hole in the Wall by Koffiebaai aan die Wildekus van die Oos-Kaap is een van die provinsie se groot trekpleisters vir toeriste. Foto: Claudio Velasquez Rojas / Homebrew Films

Mabuyane het gesê hy glo die 457 maatskappye in die Oos-Kaap wat reeds by die nasionale hulpfonds gebaat het gedurende die Covid-19-inperking, sal onder die nuwe verslapte regulasies weer gemoedsrus kry wanneer hulle bedrywighede hervat.

“(Die premier) moedig steeds alle maatskappye in die provinsie aan om te registreer vir programme soos die Werkloosheidsversekeringsfonds sodat beide werkgewers en werknemers hierby kan baat.”

Mabuyane het gesê die ophef van beperkings op die toerismebedryf, drankverkope en interprovinsiale reis sal help om sake in die provinsie te begin normaliseer.

Hy het ’n waarskuwing gerig dat drank verantwoordelik gebruik moet word en die voorsorgmaatreëls om die verspreiding van die virus te bekamp steeds getrou gevolg moet word.

Ook Mlungisi Mvoko, Oos-Kaapse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme, het Sondag die aangepaste regulasies en die herlewing wat dit vir die provinsie se toerisme industrie inhou, verwelkom.

Vuyani Dayimani, die uitvoerende hoof vir die Oos-Kaapse Agentskap vir Parke en Toerisme, het gesê hulle is saam opgewonde oor die goeie reaksie vir die toerismebedryf wat sedert die aankondiging gesien is.

Dayimani sê toerisme speel ’n wesenlike rol in die provinsiale ekonomie en voor die pandemie het die toerismebedryf 18% tot die Oos-Kaap se BBP bygedra. Hul studies van 2018 het bevind dat die bedryf ongeveer 104 000 werksgeleenthede in die Oos-Kaap verskaf deur subsektore wat vervoerdienste, verblyf en vermaak insluit.

Dayimani sê met die 457 toerisme-verwante ondernemings wat voordeel trek uit die nasionale hulpfonds, is die verligting wat vlak 2 bring ’n belangrike stap vir die sektor se herstel.

Hy sê in samewerking met die protokol wat deur die Toerismesakeraad van Suid-Afrika en die internasionaal erkende Wêreld Reis- en Toerismeraad ingestel is, is dié sektor gereed en gretig om aan te pas, wanneer uitdagings hulle voordoen.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Vlak 2
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.