Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Vlugtelinge wil SA dringend verlaat
Vlugtelinge kampeer buite die kantore van die Verenigde Nasies se Raad vir Menseregte in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Honderde vlugtelinge en asielsoekers in Kaapstad kamp sedert verlede week buite die kantore van die Verenigde Nasies (VN) se Raad vir Menseregte.

Hulle vra hulp om Suid-Afrika te verlaat weens xenofobie en ’n gebroke asielregstelsel.

Dit kom ná die onlangse toename in aanvalle op buitelanders wat in Suid-Afrika woon.

Die groep van dwarsoor Afrika en selfs so ver as Bangladesj slaap sedert 8 Oktober buite die VN-kantore in die Waldorf-arkade in Burgstraat.

Alimasi Elysee van die Demokratiese Republiek van die Kongo, sê hulle gaan nie ’n voet verskuif totdat hulle uit Suid-Afrika gevat word nie, want Suid-Afrikaners wil nie buitelanders hier hê nie.

Elysee sê baie vlugtelinge sukkel geweldig met die departement van binnelandse sake oor hul dokumentasie.

Volgens Elysee is dit ’n daaglikse stryd om in Suid-Afrika aan te pas en gelukkig te wees.

“Ons wag nog vir terugvoering, maar ons is hoopvol. Al wat ons nou wil hê, is om die land te verlaat na ’n plek waar ons veilig kan wees. Ons het nie ’n keuse nie. Mense wil ons nie hier hê nie,” het hy gesê.

Die vlugtelinge, wat vroue en kinders insluit, weier om uiteen te gaan totdat die VN ’n oplossing bied. Hulle wil hê die VN moet hulle repatrieer na veiliger lande waar hulle nie bedreig word nie.

Hulle hou plakkate vas wat lui: “Vlugtelinge in Suid-Afrika wil die land verlaat weens xenofobie”; “Ons is nie veilig in Suid-Afrika nie”; “Suid-Afrika maak vlugtelinge dood”; en “Vlugtelinge benodig ’n veilige plek om te gaan buite Suid-Afrika”.

Vlugtelinge eis dat die VN se Raad vir Menseregte hulle help om Suid-Afrika te verlaat. Foto: Jaco Marais
Vroue en kinders tel onder die vlugtelinge wat Suid-Afrika wil verlaat.Foto: Jaco Marais
Die vlugtelinge wat buite die VN-kantore in Kaapstad saamdrom. Foto: Jaco Marais
Vroue en kinders tel onder die vlugtelinge wat Suid-Afrika wil verlaatFoto: Jaco Marais
’n Vrou en haar kind sit voor die kantore van die VN se Raad vir Menseregte in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Vlugtelinge  |  Verenigde Nasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.