Die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Rolprente en Publikasies waarop die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie Dinsdag afgeteken het, laat ’n agterdeur oop vir dié wat weerlose vroue en slagoffers van mensehandel wil uitbuit.
Dít is luidens ’n mediaverklaring van die drukgroep Cause for Justice (CFJ).
Netwerk24 het die voorgestelde wysigingswetsontwerp onder oë gehad. Die bepalings dat ’n uitbeelding verbied word as dit ’n individu se menswaardigheid skend of iemand afkraak, asook instruksies oor hoe om skade aan ’n mens aan te rig, is verwyder.
Die komitee het ingestem dat dié bepalingseerder vervang word met ’n meer algemene verbod op “eksplisiete seksuele gedrag wat gepaardgaan met eksplisiete geweld”.
Nog ’n welkome wysiging is dat dit ’n strafregtelike oortreding is om rolprente of foto’s te skep, vervaardig of te versprei wat seksuele geweld of geweld teen kinders uitbeeld.
“Die besluit dui aan dat toestemming swaarder weeg as menswaardigheid,” sê CFJ.
“Om dit anders te stel, maak dit nie saak hoe afbrekend ’n uitbeelding is nie, solank die persoon ingestem het tot die afbrekende daad mag dit wetlik aan volwassenes verfilm en versprei word.”
’n Positiewe bydrae is dat die voorgestelde wysigingswetsontwerp probeer om kinders te beskerm teen die blootstelling van aanlyn pornografie.
“Nog ’n welkome wysiging is dat dit ’n strafregtelike oortreding is om rolprente of foto’s te skep, vervaardig of te versprei wat seksuele geweld of geweld teen kinders uitbeeld.
“Die vorming van die nuwe strafregtelike oortreding sal veral vroue en kinders beskerm, wat die weerloosste teen seksuele uitbuiting en mishandeling is,” sê CFJ.