Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Voormalige suster nuwe LUR vir gesondheid in Gauteng

Nomathemba Mokgethi, ’n voormalige verpleegsuster, is die nuwe LUR vir gesondheid in die plek van dr. Bandile Masuku, wat afgedank is ná ’n omvattende ondersoek van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) na finansiële onreëlmatighede met die aankoop van Covid-19-toerusting.

Dit is een van die aanstellings wat David Makhura, premier van Gauteng, Woensdagoggend met sy provinsiale kabinetskommeling aangekondig het.

Die SOE se aanbeveling was dat daar streng teen Masuku opgetree word omdat hy nie sy pligte as politieke hoof van die departement van gesondheid nagekom het nie.

Mokgethi se opdrag is om dié departement reg te ruk. Sy was die laaste paar maande die LUR vir maatskaplike ontwikkeling.

Dr. Nomathemba Mokgethi
Dr. Nomathemba Mokgethi

Mokgethi het ’n meestersgraad in verpleging en ’n doktorsgraad in letterkunde en filosofie.

Parks Tau, adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake, gaan as die nuwe LUR vir ekonomiese ontwikkeling, landbou en omgewingsake dien.

Tau, ’n senior ANC-leier in Gauteng, is ’n voormalige burgemeester van Johannesburg. Hy sal binne die volgende week as LUR ingehuldig word, sê Makhura.

Die ANC in Gauteng sal binnekort aankondig watter ANC-lid in die provinsiale wetgewer “herontplooi” sal word om vir Tau plek te maak.

Parks Tau, adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake, word die nuwe Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, landbou en omgewingsake.

Tau kan nie dadelik as LUR begin nie omdat hy nog verpligtinge as adjunkminister het om af te handel.

Morakane Mosupyoe, die vorige LUR vir ekonomiese ontwikkeling, landbou en omgewingsake, vervang Mokgethi as LUR vir maatskaplike ontwikkeling.

Makhura sê die doel met die kabinetskommeling is om Gauteng se reaksie op die Covid-19-pandemie te verbeter en die provinsie se ekonomie te help herstel.

Hy het gewaarsku die volgende vlaag van die pandemie “lê net om die draai en wag. Ons wil seker maak ons is reg en voorbereid.” Volgens hom is strenger inperkings in dié provinsie egter nie nodig nie.

Hy het ’n beroep op Gautengers gedoen om steeds waaksaam te wees en alles moontlik te doen om die verspreiding van die virus te bekamp.

Makhura sal later Woensdag met Mokgethi, Tau en Mosupyoe vergader.

Meer oor:  David Makhura  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.