Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Vroue het reg op gelyke verteenwoordiging

Gelyke verteenwoordiging van vroue in alle strukture van die samelewing is nie ’n guns aan vroue nie, maar ’n fundamentele saak van geregtigheid en regstelling, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa het dit Donderdagmiddag gesê toe hy ’n virtuele hoëvlakvergadering van die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering oor die 25ste herdenking van die Vierde Wêreldkonferensie oor Vroue toegespreek het.

Die vergadering is deel van die hoëvlakweek van die 75ste sitting van die VN.

Vroue moet bemagtig word

Ramaphosa het in ’n voorafopgeneemde boodskap aan die vergadering gesê dat die bemagtiging van vroue weer deur die VN se generasie gelykheid-veldtog sterk op die wêreld se sakelys geplaas word.

Hy het dit duidelik gemaak dat die bemagtiging van vroue een van Suid-Afrika se “nasionale prioriteite” is en “sentraal is tot ons ontwikkelingstrategieë”.

“Ons het ’n multisektorale strategiese plan om ’n gekoördineerde nasionale reaksie teen geweld teen vroue te verskaf.

“Dit sluit hervormings aan ons landswette in om oorlewendes te beskerm, sowel as die skep van geleenthede om vroue in staat te stel om finansieel onafhanklik te word.”

Geen geweld teen vroue

Ramaphosa het die vergadering versoek om as deel van sy besluite hom sterk te verbind om alle vorme van geweld teen vroue te beëindig. Hetsy dit gesinsgeweld, moord op vroue, seksuele misbruik, kinderhuwelike of vroulike besnyding is.

Volgens Ramaphosa is dit ’n prioriteit dat die internasionale arbeidsorganisasie se konvensie oor geweld en teistering in die werkplek deur die VN bekragtig word.

As deel van die Afrika-vroue se dekade van finansiële en ekonomiese insluiting, het lidlande van die Afrika-Unie ook ooreengekom om beleid in plek te stel wat vroue se ekonomiese deelname, toegang tot finansies en eienaarskap van grond verhoog.

“As vroue hul ekonomiese potensiaal bereik, word die groeipotensiaal van ons ekonomieë tot voordeel van almal versterk.”

Vroue se ondernemings verdien steun

Hy sê dit is waarom Suid-Afrika 40% van alle regeringsaankope vir vroue se ondernemings geoogmerk het en dit ook ’n beroep op ander Afrika-lande gedoen het om dieselfde te doen.

“Ons moet meer finansiële dienste verskaf aan vroue wat klein, middelslag en mikro-ondernemings bedryf deur die voorsiening van laekoste finansiering, krediet en digitale toerusting.

“Ons moet ook vroue se verteenwoordiging in besluitnemingstrukture in nie net nasionale parlemente nie, maar ook op die direksies en bestuur van maatskappye verbeter.”

Volgens Ramaphosa moet dit gedoen word omdat die bemagtiging van vroue en meisies fundamenteel is vir die visie van ’n Afrika en wêreld wat verenig, vreedsaam, voorspoedig en gelyk is.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Vroueregte  |  Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.