Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Vroue moet bemagtig word – presidentsvrou

Baie moet nog gedoen word om vroue te bemagtig, sê dr. Tshepo Motsepe, eggenote van pres. Cyril Ramaphosa.

Sy het Donderdagaand op ’n galadinee op The Ranch, sowat 40 km buite Polokwane, gepraat as deel van vrouemaandvieringe.

Dr. Tshepo Motsepe en Margaret Mathabatha, premiersvrou van Limpopo, by huiswerkers Donderdagaand buite Polokwane. Foto: Marietie Louw-Carstens

Margaret Mathabatha, vrou van Stan Mathabatha, premier van Limpopo, het gesê sy het van vreugde gehuil toe Motsepe ingestem het om na Limpopo te kom.

Motsepe, ’n mediese dokter, het sedert Ramaphosa president geword het min in die openbaar gepraat.

Sy het gesê dat sy nie soos die res van haar familie in sakeondernemings belangstel nie.

Patrice Motsepe, mynmagnaat, is haar broer.

Motsepe het hulde gebring aan vroue soos Albertina Sisulu wat geveg het teen drakoniese apartheidswette.

“Wanneer ’n vrou behoorlike onderrig ontvang, word ’n hele nasie opgevoed.”

Huiswerkers van al die uithoeke van die provinsie is na die geleentheid aangery om die land se presidentsvrou te ontmoet.

Motsepe het gesê huiswerkers is die onbesonge helde van die samelewing.

Dr. Tshepo Motsepe en Margaret Mathabatha saam met sommige van die huiswerkers. Foto: Marietie Louw-Carstens
Dr. Tshepo Motsepe by huishulpe van Limpopo waaraan sy hulde gebring het as deel van Vrouemaandvieringe. Foto: Marietie Louw-Carstens

“Vroue wat as huishoudsters werk, word selde erken en dikwels uitgebuit. Die omstandighede waarin huiswerkers werk, moet verbeter.”

Sy sê miljoene vroue leef steeds in armoede in afgeleë landelike gebiede en het dikwels nie ’n ander keuse om as huishulpe te werk nie.

Die gaping in gelykheid tussen vroue en mans in die samelewing moet uitgewis word, sê Motsepe.

Sy het vroue ook aangemoedig om elke jaar vir ’n behoorlike mediese ondersoek te gaan om sodoende servikale kanker te voorkom.

Meer oor:  Margaret Mathabatha  |  Polokwane  |  Presidentsvrou  |  Bemagtig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.