Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Vroueregte net so belangrik soos stryd teen korrupsie – Cyril
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Getty Images

Die beskerming van vroueregte is vir sy administrasie net so belangrik as die stryd teen korrupsie, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa het Dinsdagaand op die #YoungWomenDialogue-sessie in Johannesburg die belangrikheid daarvan uitgelig om oplossings te vind vir die uitdagings wat deur veral jong vroue in die gesig gestaar word.

Ramaphosa het die mans en vroue wat die gespreksessie bygewoon het, bedank en hulle aangemoedig om kwessies wat hulle raak te opper.

Deur dit te doen volg hulle in die voetspore van strydrosse soos Winnie Madikizela-Mandela en Albertina Sisulu, wat vanjaar hul 100ste verjaardae sou vier, sê Ramaphosa.

“Julle herinner my aan die vroue van 1956, wat tot die bevrydingstryd bygedra en in die toekoms van Suid-Afrika geglo het. Julle gee gestalte aan die Suid-Afrika van die toekoms wat julle in jul drome sien.

“Ons luister na wat julle sê. Die toekoms behoort aan julle.”

Ons luister na wat julle sê. Die toekoms behoort aan julle.

Die president sê kwessies soos geweld teenoor vroue en kinders en die skep van ekonomiese geleenthede vir vroue is van uiterste belang en Suid-Afrikaanse mans het ook ’n rol in hierdie gesprek.

“Die Suid-Afrika wat julle wil sien moet julle die vaardighede en onderwys bied wat julle as jong vroue verdien.

“Jou geslag, ras of klas moet nooit jou posisie in die samelewing beslis of jou terughou nie. Ons wil ’n Suid-Afrika bou wat julle die volle ondersteuning wat julle nodig het, bied.”

Ramaphosa sê hy is veral besorg oor die afskuwelike geweld wat deur mans teenoor meisies en vroue gepleeg word en dit is nodig om ernstige introspeksie hieroor te doen.

Ramaphosa sê hy hoop hy sal deur ’n vrou opgevolg word wanneer sy ampstermyn tot ’n einde kom.

Meer oor:  Cyril Ramapahosa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.