Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Vrystaat hou konferensie vir beleggers
Sisi NtombelaFoto: Argief

’n Groot konferensie vir voornemende beleggers in die Vrystaat word Donderdag in Bloemfontein gehou.

Sisi Ntombela, premier, en Makalo Mohale, LUR vir die departement van ekonomiese en kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake, sal die Vrystaatse afvaardiging lei en onder meer bestaande projekte wat gereed is vir belegging bespreek.

Dié departement bied die konferensie met die tema “Die aanmoediging van belegging in die Vrystaat deur vennootskappe” aan.

Tebogo Oepeng, departementele woordvoerder, sê ekonomiese groeiprojekte word deur die gefokusde bemarking van handels- en beleggingsgeleenthede ondersteun en daarom is die konferensie baie belangrik.

Oepeng sê daar is ’n stewige grondslag nodig waarop bemarking vir beleggings gedoen kan word sodat die ekonomie kan blom.

Beleggingsgeleenthede in die mynbou, vervaardigingsbedryf, agro-prosessering, tegnologie en die groen ekonomie sal onder die loep kom.

Hy sê die oogmerk van die konferensie is om aan voornemende beleggers projekte uit te wys wat ’n hoë impak sal hê.

“Die Vrystaatse provinsiale regering gaan ook die 2019-beleggingsprospektus bekend stel. Die oogmerk hiervan is om beleggings na die Vrystaat te lok sodat die ekonomie kan groei en werkgeleenthede geskep kan word.”

Luidens die beskikbare statistieke was buitelandse belegging in die Vrystaat in 2017 R8,4 miljard, sê Oepeng.

Die Vrystaat het ook die status as ’n gerieflike uitvoerder van goedere. Oepeng sê die uitvoer van die Vrystaatse provinsiale regering was in 2018 R7,64 miljard en die invoer R5,29 miljard. Dit het tot ’n positiewe handelsbalans van R2,35 miljard gelei, sê hy.

“Na raming het die Vrystaat as provinsie ’n bruto binnelandse produk van R242 miljard in 2018 gehad,” sê hy.

Meer oor:  Sisi Ntombela  |  Beleggers  |  Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.