Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Vrystaat kry 50 nuwe voertuie vir landelike veiligheid

Motoriste wat na Lesotho ry, gaan binnekort moet bewys dat die voertuig waarmee hulle ry aan hulle behoort of dat hulle die nodige toestemming van die eienaar het om die voertuig te gebruik.

Dit was een van die aankondigings wat lt.genl. Moeketsi Sempe, Vrystaatse polisiehoof, Vrydag by die Glen-landboukollege buite Bloemfontein gedoen het.

Sempe en Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer in die Vrystaat, het 50 nuwe voertuie vir landelike veiligheid in die Vrystaat beskikbaar gestel.

Die polisie in die Vrystaat het Vrydag 50 nuwe voertuie vir landelike veiligheid in die provinsie beskikbaar gestel. Foto: André Damons

Volgens Sempe is landelike veiligheid, insluitend gewelddadige misdaad op plase en kleinhoewes, een van die polisie se prioriteite.

Hy sê vanaf 1 September gaan daar van enige persoon wat na Lesotho ry, verwag word om die voertuig se dokumente, ’n beëdigde verklaring van die eienaar (as die bestuurder nie die eienaar is nie) en ’n brief van ’n finansiële instelling as die voertuig gehuur is, te verskaf.

“Dit word alles gedoen om ’n veilige en beskermde omgewing vir almal te skep. Ek het ook opdrag gegee dat landelike veiligheidskoördineerders nie meer volgens tradisionele kantoorure gaan werk nie. Hulle gaan werk volgens misdaadpatrone en misdaadbedreigingsontledings,” sê Sempe.

Die ongemerkte polisievoertuie is Vrydag aan koördineerders van landelike veiligheid van die polisie beskikbaar gestel. Die bakkies sal later polisiekentekens kry. Foto: André Damons
Lt.genl. Moeketsi Sempe, polisiehoof in die Vrystaat, spreek Vrydag polisiebeamptes toe op die verkryging van die nuwe voertuie vir landelike veiligheid.Foto: André Damons

“Ek wil ook bevelvoerders van stasies en polisiëringsgebiede waarsku om die voertuie te gebruik vir die doel waarvoor hulle daar is. Die voertuie is vir landelike veiligheid.”

Mashinini sê die voertuie is om te help verseker dat die polisie toegerus is om op misdaad in landelike gebiede te reageer.

“Ek wil nie net praat om te praat nie. Ek soek dade op die grond en vandag is so ’n daad. Ek weet dit is nie genoeg nie, dit sal nooit genoeg wees nie, maar dit sal help.

“Met die voertuie gaan ons misdadigers uit die provinsie dryf. Dit is waarvoor dit bedoel is. Die provinsie moet vreedsaam en sonder enige misdaad wees. Ons plaasmense moet ’n beter lewe kan lei en ook in staat wees om die vrugte van ’n demokrasie te geniet.”

Volgens Mashinini is moord en veediefstal van die grootste probleme in die provinsie.

Die landbousektor, wat tot die bruto binnelandse produk van die provinsie bydra, moet tot elke prys beskerm en verdedig word, sê hy.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiehoof in die Vrystaat, staan Vrydag voor die nuwe bakkies en praat.Foto: André Damons
Tommie Esterhuyse, adjunkvoorsitter van Vrystaat Landbou (VL) en voorsitter van landelike veiligheid, Vrydag op die geleentheid waar die nuwe voertuie oorhandig is. Foto: André Damons

Tommie Esterhuyse, adjunkpresident van Vrystaat Landbou (VL) en voorsitter van landelike veiligheid, sê hulle is baie positief oor wat nou gebeur.

Volgens hom is veediefstal ’n groot bron van kommer. Dit is die grootste eiendomsverwante misdaad in die Vrystaat.

“Ek is baie dankbaar dat hulle nou tot dié stap oorgaan. Ons het nog nie sulke optrede in die verlede gehad nie. Ons sal nou moet kyk waar ons deel daarvan kan wees en of dit suksesvol is.”

Esterhuyze sê ook die wreedheid in plaasmoorde is onaanvaarbaar en verg optrede.

“Ek is bevrees die haatspraak dra beslis tot die wreedheid in plaasaanvalle by. Ons is baie bekommerd daaroor. Ek sal graag wil sien dat die regering sterker daarteen optree.”

Volgens hom is 76 plaasaanvalle sedert 2016 in die provinsie verhoed.

Die nuwe bakkies staan Vrydag in rye agter lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiehoof in die Vrystaat, terwyl hy polisiebeamptes toespreek.Foto: André Damons
Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer in die Vrystaat, spreek Vrydag polisiebeamptes toe. Foto: André Damons
Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer in die Vrystaat, oorhandig Vrydag ’n sleutel van ’n nuwe bakkie aan een van die bevelvoerders. Foto: André Damons
Die polisie in die Vrystaat het Vrydag 50 nuwe voertuie vir landelike veiligheid in die provinsie beskikbaar gestel.Foto: André Damons
Meer oor:  Sam Mashinini  |  Landelike Veiligheid  |  Voertuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.