Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
VSA spioene het ‘in 2009 al gemaan oor Guptas’

Die Amerikaanse spioenasiediens, die CIA, het hul Suid-Afrikaanse eweknieë al in 2009 oor die gevare rondom die omstrede Guptafamilie gewaarsku, het die Sunday Times Sondag berig.

Gibson Njenje en Moe Shaik, wat voorheen vir die intelligensiediens gewerk het, erken dat hulle betrokke was by ’n ondersoek oor die Guptas.

Volgens Njenje het die CIA hom al in 2009 gekontak om navraag te doen oor die Guptafamilie se belangstelling om uraan te myn. Dit was in die tyd toe die Guptamaatskappy Oakbay Resources ’n uraanmyn gekoop het. Uraan word vir die vervaardiging van kernwapens gebruik. Die Amerikaners wou weet hoekom die Guptas belangstel in die vervaardiging van uraan en wie hul teikenmark is.

In die berig voer Njenje en Shaik aan dat hulle agterdogtig geraak het toe hulle gesien het watter enorme invloed die Guptas op oudpres. Jacob Zuma se eerste kabinetskommelinge in 2009 gehad het.

Volgens Njenje is daar glo geen geheim gemaak oor watter hegte bande daar tussen Zuma en die Guptafamilie was nie.

Zuma het glo egter glad nie ag geslaan op herhaalde waarskuwings oor die Guptas deur Njenje en Shaik nie. Siphiwe Nyanda, die voormalige minister van kommunikasie, het ook luidens die berig bevestig dat hy met Zuma se seun Duduzane en die Guptabroers vergader het. Hulle wou glo volgens die berig net hulself aan Nyanda voorstel omdat hulle ook in die kommunikasiesektor werksaam was.

Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, het voor die kommissie wat staatskaping ondersoek, getuig dat die Guptas by hom gespog het dat hulle “alles beheer” en ook beheer het oor die nasionale vervolgingsgesag, die Valke en die Nasionale Intelligensiediens.

Meer oor:  Oakbay Resources  |  Guptabroers  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.