Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
VSA 'verstaan' SA se grondbeleid, sê minister

Die Suid-Afrikaanse regering moet sy grondhervormingsbeleid beter verduidelik.

Dit was twee weke gelede in New York die boodskap van Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, aan Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking.

Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake. Foto: EPA

Sisulu het Donderdag in Pretoria op haar maandelikse inligtingsessie aan joernaliste gesê Pompeo het aan haar gesê hy en die Amerikaanse regering verstaan wat Suid-Afrika met grondhervorming wil bereik, maar daar is mense wat dit nie verstaan nie.

’n Storm het onlangs losgebars toe pres. Donald Trump oor plaasmoorde, -aanvalle en grondbesettings in Suid-Afrika getwiet het en Pompeo opdrag gegee om dit te ondersoek.

Dit het gelei tot spanning tussen Suid-Afrika en die VSA.

“Nadat ons die saakgelastigde van die Amerikaanse ambassade ná die twiet ingeroep het, het die Amerikaanse departement ’n baie gebalanseerde verklaring uitgereik.”

Sisulu het gesê die Suid-Afrikaanse regering sal elke moontlike geleentheid gebruik om sy beleid te verduidelik – veral in die aanloop tot die groot internasionale beleggingskonferensie einde vandeesmaand in Johannesburg.

Pres. Cyril Ramaphosa doen dit by elke moontlike geleentheid, sê Sisulu.

“Daar is ongelukkig mense wat vals inligting versprei wat geen verband met die werklikheid het nie.”

Hulle kry dit reg dat hul stemme “bo die stemme van redelikheid” van die meerderheid Suid-Afrikaners gehoor word.

Ramaphosa het onder erge kritiek deurgeloop toe ’n video-opname van ’n televisie-onderhoud tydens sy besoek aan New York op sosiale media versprei is waarin hy plaasmoorde in Suid-Afrika ontken het.

Meer oor:  Lindiwe Sisulu  |  Mike Pompeo  |  Vsa  |  Grondbeleid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.