Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Vyand van Zuma is nie outomaties ’n vyand van die ANC’

’n Vyand van oudpres. Jacob Zuma is nie outomaties ’n vyand van die ANC nie, sê Derek Hanekom, voormalige minister en senior ANC-lid, se regsverteenwoordiger.

Derek Hanekom, voormalige minister en senior ANC-lid. Foto: Jaco Marais

Carol Steinberg het Vrydag in die hooggeregshof in Durban betoog dat Hanekom tronkstraf uitgedien het vir hoogverraad omdat hy as ’n spioen vir die ANC gedien het in die apartheidsera en jare van politieke onrus.

“Om iemand wat vir bevryding geveg het ’n vyandige agent te noem, is lasterlik.

“Ons wil weet wie die vyand volgens Zuma is.

“Is dit die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), die EFF of ander partye?”

Steinberg het Hanekom in die hof verteenwoordig ná hy Zuma vir R500 000 gedagvaar het vir laster ná ’n Twitter-plasing op 25 Julie waarin Zuma na hom verwys het as ’n “bekende vyandige agent”.

Sy sê ’n partylid is geregtig daarop om ander te betrek om ’n president uit sy amp te verwyder. Net so het Zuma partylede gelei toe hulle Thabo Mbeki uit die amp as president verwyder het.

Zuma se Twitter-plasing het gevolg op ’n ANC-verklaring, uitgereik deur Ace Magashule, sekretaris-generaal. In die verklaring word Hanekom bestempel as iemand wat ’n wig probeer indryf en in die geheim met die EFF saamwerk.

Oudpres. Jacob ZumaFoto: Alet Pretorius

Dit was in reaksie op Julius Malema, EFF-leier, se aanspraak dat Hanekom met sy party saamgewerk het om van Zuma ontslae te raak met ’n wantrouemosie in die parlement.

In Zuma se repliek in die hof het hy ontken dat hy Hanekom ’n apartheidspioen genoem het.

Steinberg het gesê Zuma het na Hanekom se tyd in ballingskap in Zimbabwe verwys, waar hy sy paspoort verloor het, as georkestreer.

“Zuma het geen bewyse dat Hanekom is ’n spioen is nie, omdat dit ’n leuen is.

“Die Twitter-plasing is vals en het aansienlike skade aan Hanekom se aansien berokken.

“Ons gee toe dat hy saamgespan het om Zuma te verwyder, maar Zuma moet bewys dat sy stelling dat Hanekom ’n bekende vyandelike agent is, in wese waar is.”

Steinberg sê hulle wil hê dat Zuma die Twitter-plasing uitwis, om verskoning vra en R500 000 vir die skade betaal.

Zuma se regspan het Vrydagaand nog gewerk aan hul respons op die betoë van Hanekom se regspan.

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/an-enemy-of-zuma-is-not-synonomously-an-enemy-of-the-anc-hanekoms-lawyer-20190823

Meer oor:  Derek Hanekom  |  Oudpres. Jacob Zuma  |  Politiek  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.