Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Vytjie sê daar is met haar motor gepeuter

Daar was met haar motor gepeuter, dus het Vytjie Mentor, oud-ANC-LP, nooit ’n vergadering met ondersoekers van die Valke bygewoon nie.

Sy getuig vir ’n derde dag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

Vytjie Mentor\

Sy het getuig daar is met haar motor gepeuter en dat dit haar die skrik op die lyf gejaag het, soveel so dat sy die vergadering wat sy op 14 Desember 2016 met adv. Mandla Mtolo, en nog ’n amptenaar van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sou hou, gekanselleer het.

Mentor het ook Woensdag beweer dat Mtolo vroeër druk op haar probeer plaas het om die strafregtelike saak wat sy teen oudpres. Jacob Zuma en die Gupta-broers aanhangig gemaak het te laat vaar.

“Dit (die vergadering) het nie plaasgevind nie omdat daar ’n dag voor die tyd ’n voorval met my motor was wat my die skrik op die lyf gejaag het. Dit het my bang gemaak om my motor te bestuur en ek het in die middel van die nag besluit om nie die afspraak (met die Valke) na te kom nie.

Mentor het Dinsdag begin huil toe sy getuig het oor nog ’n daad van beweerde intimidasie. Mentor het aangevoer dat daar met die deur van haar hotelkamer gepeuter is en dat sy daarna vir haar lewe gevrees het.

Themba Maseko, voormalige kabinetswoordvoerder en die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS), gaan na verwagting later vandag getuig oor hoe Zuma direk as fasiliteerder opgetree het om gunste vir ondernemings met Gupta-bande te bewerkstellig.

Meer oor:  Vytjie Mentor  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.