Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
W-Kaap sal Tito takel oor minder geld vir provinsies
David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede. Foto: Malherbe Nienaber

Die Wes-Kaapse regering sê Tito Mboweni, minister van finansies, se aankondiging in sy mediumtermynbegrotingsraamwerkrede (MTBR) dat provinsies se begrotings besnoei gaan word, is ’n groot terugslag.

David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, sê dit gaan die werk van provinsies moeiliker maak.

“Provinsiale begrotings word op mediumtermyn met R20,3 miljard besnoei, wat dienslewering in provinsies soos die Wes-Kaap in die gedrang sal bring.”

Maynier sê wat die besnoeiing van die provinsiale begroting so verkeerd maak, is dat dit gedoen word om “zombie-staatsondernemings” soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan die gang te hou.

“Ons gaan nie die stryd gewonne gee nie en sal ons bes doen om begrotingsbesnoeiings in provinsies landwyd teen te staan,” sê Maynier.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Wes-Kaapse Regering  |  Provinsies  |  Mtbr2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.