Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
1ste vrou lei W-Kaapse gemeenskapsveiligheid

Die aanstelling van adv. Yashina Pillay as die eerste vrou as hoof van die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid is Vrydag verwelkom.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het in ’n verklaring gesê haar aanstelling is Dinsdag op ’n kabinetsvergadering goedgekeur.

Adv. Yashina Pillay Foto: Verskaf

Sy het die laaste tyd as die waarnemende hoof gedien en voorheen as hoofdirekteur in die departement.

“Adv. Pillay het omvattende ervaring in senior bestuur in plaaslike regering en nieregeringsorganisasies. Haar loopbaan het begin met haar werk in die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK).”

Fritz sê hy vertrou dat Pillay met haar rykdom van ervaring in die regte, regering en veiligheid “uiters geskik” is om as departementshoof te dien.

“Ek kan nie aan ’n beter persoon dink om die leiding te neem as die hoof- verantwoordbare amptenaar soos wat ons begin om die Wes-Kaapse veiligheidsplan te implementeer nie.”Hy het ook daarop gewys dat Pillay as waarnemende hoof die departement tydens die Covid-19-pandemie gelei het en “suksesvol toegesien het dat die departement ’n omvattende herstrukturering ondergaan het”.

“Dit sal ons in die implementering van die provinsie se herstel-en-veiligheidsplan baat.”

Volgens hom het sy ’n sleutelrol gespeel om die spanne op die been te bring in dié gemeenskappe waar die meeste moorde en geweld voorkom.

Meer oor:  Vroueregte  |  Wes-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.