Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Waarnemende SAID-kommissaris van korrupsie verdink

Aanklagte van korrupsie is deur die Anti-Poverty Forum (APF) teen Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), aanhangig gemaak.

Die aanklagte is Dinsdag deur Phapano Phasha, direkteur van APF, by die polisiekantoor in Brooklyn ingedien. News24 is in besit van dokumente rakende die saak.

Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het bevestig dat daar ’n korrupsiesaak teen ’n regeringsamptenaar geopen is, maar wou nie die identiteit van die persoon bekend maak nie. Die saak is aan die Valke vir verdere ondersoek oorhandig.

Mark Kingon
Mark Kingon Foto: Getty Images

Luidens die dokumente beweer Phasha dat Kingon skuldig is aan korrupsie omdat hy na bewering toegestem het tot die betaling van ’n ooreenkoms in die Vlok Symington-aangeleentheid. Symington het hoofberigte in Oktober 2016 gehaal nadat daar in ’n video aan die lig gekom het dat ’n lid van die Valke, brig. Nyameka Xaba, en Thabo Titi, ’n veiligheidswag van die voormalige SAID-kommissaris Tom Moyane, hom by die SAID teen sy wil gevange gehou het.

City Press het in Augustus berig dat die SAID regsadvies geïgnoreer het en dat daar vrae ontstaan het oor ’n ooreenkoms om Symington se regskoste te dek. Symington het die konfrontasie met Xaba en Titi op video opgeneem en aan die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) oorhandig.

Die SAID het gevolglik dissiplinêre stappe teen Symington en Titi gedoen wat tot Symington se hofaansoek gelei het. Hy het die hof genader in wat hy beweer onregverdige behandeling deur die SAID was. Na bewering moes Symington ten minste R300 000 in regskoste aan die inkomstediens betaal. Die verdagte ooreenkoms behels dat die inkomstediens sowel Symington as sy prokureurs se koste betaal. Ten minste R750 000 is op tafel gesit as die helfte van Symington se koste vir die saak. Dit beteken volgens City Press dat die ooreenkoms die belastingbetaler meer as R1 miljoen uit die sak sou jaag, as die SAID se koste ook ingereken word.

Symington en sy kollega Luther Lebelo het aanspreeklikheid vir die kontroversiële besluit geneem. Volgens City Press was ander SAID-bestuurslede van die begin af teen die ooreenkoms gekant en het hulself daarvan gedistansieer. Kingon het voorheen gesê dat hy en Symington vriende is wat die vraag na ’n botsing van belange laat ontstaan het.

Sandile Memela, SAID-woordvoerder, het egter Kingon se betrokkenheid in die aangeleentheid ontken. Memela het aan City Press genoem dat albei senior kollegas by die SAID is en al vir meer as 20 jaar saamwerk.

Phasha beweer egter dat Kingon skuldig is aan korrupsie en dat hy Symington ’n gratifikasie bedrag van oor die R800 000 gegee het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.