Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Waarom stem mense steeds vir ANC? – ontleder

Suid-Afrikaners behoort uiters bekommerd te wees dat die ANC steeds sy steun in munisipale wyke landwyd behou en selfs sommige by ander partye afrokkel, ten spyte daarvan dat sy rekord met dienslewering nie enigsins verbeter het nie.

Dr. Ralph Mathekga, ’n politieke ontleder, het Donderdag so gesê nadat dit duidelik geword het dat die ANC weer die groot wenner was in Woensdag se tussenverkiesings.

Die Verkiesingskommissie (OVK) het Donderdag die uitslae van die tussenverkiesings in 24 munisipale wyke in 17 munisipaliteite bekend gemaak.

Die tussenverkiesings was in twee munisipale wyke in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, drie in Gauteng, een in KwaZulu-Natal, twee in Limpopo, vyf in Mpumalanga, een in Noordwes, twee in die Noord-Kaap en ses in die Wes-Kaap.

Luidens die uitslae het die ANC 12 wyke behou, een verloor en vyf nuwe wyke gewen.

Die een wat die party verloor het, is wyk 12 in die Overstrand-munisipaliteit in die Wes-Kaap, waar Michael Mhana van die Land Party met 56,15% van die stemme gewen het.

Die DA het op sy beurt ses wyke behou, maar twee aan die ANC afgestaan.

In Oudtshoorn het Noami Jonkers, ANC-kandidaat, wyk 5 met 33,70% van die steun van die DA afgerokkel, terwyl Booi Berry, nog ’n ANC-kandidaat, wyk 10 in dieselfde munisipaliteit van die DA verower het met 41,73% van die steun.

Die grootste verloorder was egter die Better Residents Association-party wat drie wyke in die Bushbuckridge-munisipaliteit, Mpumalanga, aan die ANC afgestaan het.

Kate Bapela, OVK-woordvoerder, sê die gemiddelde kieseropkoms was Woensdag 34,56%.

Daar is ’n massiewe hergroei vir die DA in baie van daardie wyke.

Die grootste opkoms was in wyk 3 van die !Kheis-munisipaliteit (Groblershoop) in die Noord-Kaap, waar sowat 62,93% van die kiesers gaan stem het en Annaline Tobias, ANC-kandidaat, met 51,57% van die stemme gewen het.

Die laagste stemopkoms was in wyk 15 in die Kaapstad-metro, met net 11,72% van die kiesers wat gestem het. Die DA se Ian McMahon het dit met 82,30% gewen.

John Steenhuisen, DA-leier, het Donderdag gesê hy is “baie tevrede” met die uitslae. “Daar is ’n massiewe hergroei vir die DA in baie van daardie wyke.”

Volgens hom is die party egter bekommerd oor sy prestasie in “plekke soos Oudtshoorn”.

Steenhuisen sê sy party het met die uitslae die jaar sterk afgesluit en gaan in aanloop tot die 2021-verkiesing voortbou op die huidige groei van die party.

Mathekga het verder gesê dat ANC-leiers nie sal ophou om wandade te pleeg en swak dienste te lewer as kiesers hulle nie by die stembus daarvoor straf nie.

“Die vraag is waarom mense steeds vir die ANC stem. Gaan dit oor lojaliteit of die persoonlikheid van ANC-leiers?

Volgens Mathekga is die “baie lae” kieseropkoms nog ’n kwelpunt. “Mense is desperaat, maar blyk tou opgegooi het om te gaan stem vir ’n beter toekoms. Dit is ook kommerwekkend vir ’n demokrasie.”

Bogenoemde tussenverkiesings was die tweede ronde wat sedert die uitbreek van die koronaviruspandemie vanjaar gehou kon word.

Die vraag is waarom mense steeds vir die ANC stem. Gaan dit oor lojaliteit of die persoonlikheid van ANC-leiers?

Die ander ronde was op 11 November toe sowat 95 tussenverkiesings gehou is.

Die ANC het in daardie verkiesings 64 wyke behou, ses nuwe wyke gewen en twee verloor.

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag die ANC se “uitstekende” resultate in November se tussenverkiesings toegeskryf aan die “voortdurende en groot mate van vertroue wat ons mense steeds in die ANC het”.

Meer oor:  Ralph Mathekga  |  Anc  |  Tussenverkiesings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.