Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wanneer ís Jessie se foon dan gekraak?

Dis nie net joernaliste wat deurloop onder die giftige tong van Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, nie.

Neeshan Balton, die uitvoerende direkteur van die Ahmed Kathrada-stigting, sê die afgelope week hy was ook al die teiken van Duarte se vurige taalgebruik.

Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, lees eNCA se joernalis Samkele Maseko die leviete voor.

Balton het Woensdag op Politicsweb geskryf hy was onder diegene wat die afgelope tyd “aggressiewe” e-posse en teksboodskappe van Duarte gekry het.

Duarte het egter wal gegooi en aangevoer kuberkrakers het haar e-pos en selfoon onder hande gehad. Balton is skepties hieroor.

“Wat my bekommer, is dat soortgelyke boodskappe vanaf me. Duarte se toestelle gestuur is, lank voor die aankondiging van die krakery op 28 Maart 2019,” het Balton geskryf. “Ek het in Februarie 2019, sowel as laat 2018, boodskappe vanaf ’n me. Duarte gekry wat wissel van aggressief tot beleef.

“So vroeg as 2015 is e-posse vanaf me. Duarte se adres na my en mnr. (Ahmed) Kathrada gestuur waarin daar aanstoot geneem word omdat die Ahmed Kathrada-stigting, waar ek as uitvoerende direkteur dien, die ANC na ’n gespreksreeks genooi het wat verskillende politieke partye ingesluit het. Me. Duarte meen die ANC moet nie ’n platform met regse organisasies en anargiste deel nie.”

Neeshan Balton

Volgens Balton was die persoon wat die e-pos gestuur het ook geaffronteer omdat die gespreksreeks “Lost in Transformation” genoem is omdat dit kwansuis die “narratief” van sekere opposisiepartye weerspieël. Balton het ook boodskappe gekry wat laat verlede jaar en in Februarie vanjaar aan hom gestuur is waarin die persoon wat op die oog af Duarte was, aanvalle uitvoer op Barbara Hogan, voormalige minister van openbare ondernemings en vrou van Kathrada, en op die ANC-veteraan Cheryl Carolus.

Eers is Hogan aangeval oor haar getuienis voor die Zondo-kommissie. Hogan en Carolus is ook vanaf ’n vreemde nommer aangeval oor hul uitlatinge verlede naweek by ’n gedenkdiens van Kathrada se dood.

Carolus en Hogan het glo onder meer gesê Suid-Afrikaners moet help keer dat van die “tsotsi’s” op die ANC se kandidatelys die parlement haal in die Mei-verkiesing.

Die ANC se vroueliga het die twee agterna gestriem en “patriargale prinsesse” genoem.

Balton sê die kritiek wat aan hom gestuur is, was in dieselfde trant as die vroueliga se veroordeling.

Hogan en Carolus is albei raadslede van die Ahmed Kathrada-stigting.

Balton het vroeër in ’n radio-onderhoud gesê die persoon wat die boodskappe aan hom gestuur het, wou duidelik die stigting boelie. Hy sê hy het die brief geopenbaar sodat die onus op die ANC kan rus om te verklaar of hierdie boodskappe van Duarte af kom of nie.

Balton sê Duarte het hom daarna gekontak en gevra vir ’n vergadering met die stigting se raad. Die raad sal Maandag oor haar versoek besluit.

Duarte sê as sy op Balton se uitlatings reageer, word sy deel van die “misleidende taktiek”.

“Mnr. Balton alleen weet hoekom hy die boodskappe openbaar gemaak het,” sê Duarte. “Ja, my e-pos is gekraak. My foon bevat ook nie die boodskappe waarna hy verwys nie. Ek het al in Februarie vir hom geskryf en hy het nie gereageer nie.”

Balton het die rubriek geskryf ’n dag nadat Duarte op ’n mediakonferensie teen die eNCA-joernalis Samkele Maseko uitgevaar het en hom daarvan beskuldig het dat hy die ANC aanval.

Meer oor:  Cheryl Carolus  |  Barbara Hogan  |  Neeshan Balton  |  Jessie Duarte  |  Aanvalle  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.