Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wanorde by ANC se Oos-Kaapse konferensie

Die ANC se Oos-Kaapse konferensie het op ’n chaos uitgeloop weens die tweestryd tussen premier Phumulo Masualle en Oscar Mabuyane, die sekretaris, wat Masualle vir die voorsitterstoel uitgedaag het.

Phumulo Masualle, premier van die Oos Kaap, die afgelope naweek by die ANC se beleidskonferensie by Nasrec in Johannesburg. Foto: Deaan Vivier

Net 1 700 afgevaardigdes van die verskillende takke is vir die konferensie geakkrediteer, maar sowat 4 000 ANC-lede het Vrydag en gister saamgedrom in die konferensiesaal in die ICC-hotel op die strandfront in Oos-Londen en deurgaans probeer om as afgevaardigdes sitplek te kry.

“Dis ’n aanduiding van die belangstelling in die leierstryd en die verdeeldheid tussen ANC-lede in die provinsie. Dis egter nie verdeeldheid tussen Zuma-ondersteuners en die Cyril Ramaphosa-kamp nie – dit gaan oor ’n keuse tussen die twee persoonlikhede en beheer oor die provinsiale regering,” het Lulu Johnson, ANC-LP en ’n veteraan van die ANC-binnepolitiek in die provinsie, gesê.

Die konferensie het ’n dag laat begin omdat daar Vrydag die hele dag getwis is oor die geloofsbriewe van die 1 700 afgevaardigdes. Die deel van die program wat Vrydag gevolg sou word, is tot gister uitgestel.

Vrydagaand het ondersteuners van Masualle die konferensiesaal binnegestorm en al die sitplekke beset, terwyl regte afgevaardigdes wat nog buite was, nie kon inkom nie. Al wat in daardie stadium bespreek is, was die geloofsbriewe en besware daaroor.

Sekuriteitspersoneel kon die toestand nie in bedwang bring nie en uiteindelik is die polisie ontbied om die ongenooide ondersteuners van Masualle uit die saal te dwing. Eers toe het hulle padgegee.

Saterdagoggend is die konferensie hervat en sekuriteit is opgeskerp om “spook-afgevaardigdes” uit te hou, maar teen middagete het die groot getal gediskwalifiseerde afgevaardigdes weer die konferensie ontwrig.

Die verkiesing van die vyf nuwe provinsiale ampsdraers, wat gistermiddag gehou sou word, het teen druktyd nog nie begin nie.

Die konferensie het Donderdagaand met ’n saamtrek begin waar adj.pres. Cyril Ramaphosa met dawerende applous ontvang is. Die Oos-Kaapse ANC was die eerste provinsie wat verlede jaar reeds besluit het om Ramaphosa te steun in die aanloop tot die verkiesing van ’n nuwe ANC-president in Desember.

Masualle en Mabuyane is albei ondersteuners van Ramaphosa – die tweestryd gaan dus nie oor die groter leierstryd nie, maar oor Masualle se beheer van die provinsiale regering.

Meer oor:  Phumulo Masualle  |  Oscar Mabuyane  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.