Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wapen-amnestie is deur parlement gestoomroller – DA

Die jongste amnestie vir die inhandiging van vuurwapens kry al hoe meer die wind van voor.

Die dag nadat landbou-organisasies gesê het hulle is skepties oor die amnestie, het die DA Woensdag gemaan die parlement moet só ’n vuurwapen-amnestie kragtens die Wet op Vuurwapenbeheer eers goedkeur voordat dit geldig is.

Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor die polisie, beskuldig Bheki Cele, minister van polisie, en die meerderheid lede van die parlementêre portefeuljekomitee oor die polisie daarvan dat hulle die goedkeuring vir die amnestie deur die parlement gestoomroller het.

Deur hul optrede stel hulle die parlement en die polisie onnodiglik aan regsaksie bloot.

Die amnestie het op 1 Desember van krag geword en duur tot 31 Mei.

Die probleem is dat geen werklik ongelisensieerde vuurwapens ingehandig sal word nie. Dit was met die vorige vuurwapen-amnesties ook die geval.

Whitfield sê die DA het uit die staanspoor gewaarsku die proses moet met versigtigheid en die nodige noulettendheid benader word om nie onnodig verwarring te veroorsaak nie.

Hy sê hy het ’n brief aan Cele gestuur waarin hy hom aanmoedig om die huidige amnestie te kanselleer en van vooraf met die proses te begin.

’n Nuwe kennisgewing moet aan die parlement voorgelê word sodat al die besonderhede deur die polisie uitgepluis kan word.

Die organisasie Gun Owners South Africa (Gosa) sê hy aanvaar die doel met die amnestie was dat ongelisensieerde en ongewenste vuurwapens by die polisie ingehandig word om vernietig te word sonder enige vervolging.

Die probleem is dat geen werklik ongelisensieerde vuurwapens ingehandig sal word nie. Dit was met die vorige vuurwapen-amnesties ook die geval.

Anika Rossle, Gosa se regsadviseur, sê dié organisasie beskik oor ’n interdik wat die polisie keer om vuurwapens weg te neem van mense wie se vuurwapenlisensies verval het. Sy sê dié vuurwapens val nie in dieselfde kategorie as ongelisensieerde vuurwapens nie.

Mense wie se vuurwapenlisensie verval het, moet aansoek doen om ’n heel nuwe lisensie, sê Paul Oxley, Gosa se voorsitter.

Genl.maj. Chris van Zyl, ’n afgetrede weermaggeneraal en assistenthoofbestuurder van TLU SA, het Dinsdag gesê daar is onduidelikheid oor die proses wat gevolg moet word. Hy sê dié organisasie is ook, soos Agri SA en Saai, bekommerd dat die wapens wat deur die polisie ingeneem word, onwettig in iemand anders se hande kan beland en nie vernietig sal word nie.

Tommie Esterhuyse, landelike veiligheidshoof van Agri SA, sê hy wonder waar die polisie al die vuurwapens wat hulle inneem, sal stoor en hoe dit beheer sal word.

Hy sê ook misdadigers sal nie hul vuurwapens inhandig as hulle weet ballistiese toetse sal daarop gedoen word nie.

Meer oor:  Da  |  Amnestie  |  Vuurwapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.