Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wapenskandaal: Zuma ontvang Seriti-verslag

Pres. Jacob Zuma het Woensdag – ’n dag voor die sperdatum – die finale verslag van die kommissie ontvang wat Suid-Afrika se multimiljoenrand-wapenskandaal ondersoek het.

Die kommissie onder leiding van regter Willie Seriti is in September 2011 deur Zuma aangestel om beweringe van bedrog, korrupsie, onbehoorlikheid of onreëlmatigheid in terme van die verkrygingsproses te ondersoek.

Seriti, vergesel van regter Thekiso Musi, ’n lid van die kommissie, het die verslag Woensdag in Durban aan Zuma oorhandig.

Luidens ’n verklaring deur die presidensie sal die verslag verwerk word en “verdere kommunikasie” sal weldra volg.

Die kommissie het sy openbare sittings en ander prosesse in Junie vanjaar afgehandel en begin met die skryf van die verslag wat vroeër vandeesmaand afgehandel is.

Zuma het Seriti en al die lede van die kommissie bedank vir hul werk asook al die getuienis wat daaraan deelgeneem het.

Meer oor:  Pres. Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.