Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wat dink kenners van Cyril se rekord?

Pres. Cyril Ramaphosa lewer Donderdag sy staatsrede en twee weke daarna volg Tito Mboweni, minister van finansies, se begrotingsrede.

Durf ons hoop dat die president vanjaar die moeilike besluite sal neem om Suid-Afrika se uitdagings te takel?

Ramaphosa sê hy het ’n plan, maar is dit die regte een en kan hierdie regering dit implementeer?

Waldimar Pelser, redakteur van Rapport en aanbieder van Verslag in gesprek op kykNET, lei eersdaags ’n reeks gesprekke met politieke en ekonomiese ontleders oor die president se prestasiegeskiedenis en wat die staats- en begrotingsrede vir ons inhou.

* Op Vrydagoggend 28 Februarie is Pelser by die Brooklyn-teater in Pretoria saam met Theo Venter, ’n politieke kenner van die Noordwes-Universiteit (NWU), prof. Raymond Parsons, ’n ekonomiese ontleder van die NWU se sakeskool, en Ebrahim Fakir, politieke ontleder en programdirekteur by die Auwal Sosio-ekonomiese Navorsingsinstituut (Asri).

* Op Dinsdagoggend 3 Maart om 09:00 vir 09:30 vind die gesprek plaas by die George Arts Theatre.

* In Bloemfontein gesels Pelser op Dinsdagoggend 31 Maart in die Wynand Mouton-teater met Tim du Plessis, politieke kenner en hoof van aktualiteit by kykNET, dr. Ina Gouws van die departement van regering en politieke transformasie aan die Universiteit van die Vrystaat (UVS), en dr. Chitja Twala, hoof van geesteswetenskappe aan die UVS.

* Op 3 April is Rapport Regstreeks in Port Elizabeth by die Nelson Mandela Universiteit-teater. Pelser lei hier ’n gesprek met Willem Jordaan, redakteur van Die Burger, die gesoute politieke joernalis Carien du Plessis, asook Mpiyakhe Dhlamini, ’n beleidsontleder en rubriekskrywer van Rapport (sy eerste rubriek verskyn vandag in Weekliks).

Alle gesprekke begin om 09:00 vir 09:30 en duur sowat 90 minute.

  • Vir meer inligting en besprekings vir George, Port Elizabeth en Bloemfontein bel Nicolene by 011 713 9633 of Tanya by 011 713 9276. Stuur ’n e-pos na regstreeks@rapport.co.za.

Bel 012 460 6033 vir besprekings in Pretoria.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.